For more information on COVID-19 and how to prevent infection, visit sacoronavirus.co.za.

Fatima Sydow Cooks

Fatima Sydow

ISBN:

9780798181693

Uitgewer:

Human & Rousseau

Datum Vrygestel:

April 2021

Prys (incl. VAT):

R 360,00

Formaat:

Sagteband, 192pp


Oor hierdie boek:

Fatima Sydow Cooks is ’n droom wat waar geword het. Dit het soveel wonderlike goed oor my pad gebring – van die mense wat ek ontmoet het tot die herinneringe wat geskep is en die resepte wat ek kon deel. My hart is vol.’

Fatima Sydow is die koningin van Kaaps-Maleise kos. In Fatima Sydow Cooks keer sy terug om haar maklike, toeganklike resepte, kosstories én ’n paar nuwighede te deel – soos net sy kan. Die boek is gevul met alles wat heerlik, geurig en goed vir die siel is. Uit haar eie kombuis. Dink mosselkerrie en varsgebakte brood om die laaste van die romerige sous mee op te vee, stadig gestoofde kortribbetjies wat van die been loskom, die ware masalasteak-toebroodjie, beesstertbredie so heilsaam dat almal vir ’n tweede skeppie gaan vra . . .  

Met meer as 90 resepte kry jy in hierdie boek alles wat nodig is om elke dag lekker te eet: van souse, gebak, ligte maaltye, kerries en bredies tot poedings en iets vir die koekblik. En altyd met ’n tikkie magic van Fatima, ’n klassieke treffer wat ’n nuwe kinkel kry. Wie anders sal ’n ystervarkie in ’n koek verander, ’n roti in ’n kerriepastei, of ’n Peppermint Crisp-tert in ’n aarbei-weergawe?