KOMPETISIETYD! Wen Dagboek van 'n Dork 1 en 2!


01-04-2020
KOMPETISIETYD! Wen Dagboek van 'n Dork 1 en 2!
Die internasionale topverkoperreeks Dork Diaries is nou beskikbaar in Afrikaans.
Nikki Maxwell is nie gewild nie. Eintlik is sy die teenoorgestelde van gewild. Sy's 'n absolute dork! Nikki hoop sy kan vriende by die nuwe skool maak en dat haar dorkdae nou verby is. Maar die lewe is nooit so eenvoudig nie.
Wil jy graag oor al die drama en dinge in haar dagboek lees . . .?
Skryf dan jou eie dagboekinskrywing oor die keer wat jy soos die grootste dork in die hele wêreld gevoel het, en staan die kans om die eerste twee titels in die Dagboek van 'n dork-reeks te wen!
Reëls:
1. Inskrywings moet 100-150 woorde lank wees.
2. Leerders in Graad 4 - 6 in Suid-Afrika en Nambië mag inskryf.
3. Die inskrywing moet voor of op 30 April 2020 ingestuur word.
4. Stuur die dagboekinskrywing per e-pos na [email protected] of DM dit na @nbpublishers op Instagram.
5. Vyf (5) gelukkige wenners kan elk Boek 1 en 2 wen.
Dagboek van 'n Dork 3 en 4 gaan in Junie 2020 beskikbaar wees!


Youtube skakel: https://www.youtube.com/watch?v=ohCvehgqK9E&t=1s

Kortlys vir die UJ-Prys 2020 | UJ-Debuutprys 2020


28-03-2020

NB-Uitgewers is trots om verskeie titels op die kortlyste vir die 2020 UJ-Pryse hê. Vanjaar bekroon die UJ-Prys weer oorspronklike skryfwerk in Afrikaans. Dit word reeds twee dekades lank in twee kategorieë toegeken.

Geluk aan die skrywers wat in die volgende twee kategorieë benoem word:

Kortlys vir die UJ-Prys 2020 (alfabeties volgens outeur):
* Hond se gedagte deur Kerneels Breytenbach (Human & Rousseau)
* In die land sonder voëls deur Harry Kalmer (Penguin Random House SA)
* Strafjaart deur Theo Kemp (Penguin Random House SA)
* Die biblioteek aan die einde van die wêreld deur Etienne van Heerden (Tafelberg)
* Die verevrou deur Jan Van Tonder (Human & Rousseau)

Kortlys vir die UJ-Debuutprys 2020 (alfabeties volgens outeur):
* Klikbek deur Sidney Gilroy (Human & Rousseau)
* Gedeeltelik bewolk: 'n Lewensbeskrywing van 'n mal man deur Ruan Kemp (Tafelberg)
* Zola deur Johan Jack Smith (Penguin Random House SA)

#LockdownReads | #TuisblyLeeslys


28-03-2020
Today we're launching the NB-Uitgewers/Publishers #LockdownReads Campaign! | Ons begin vandag met NB-Uitgewers se #TuisblyLeeslys-veldtog!

“With books you can travel without having to leave home. Read and stay safe.” – Rudie van Rensburg Boeke

Due to the devastating COVID-19 pandemic, we are all spending more time at home to protect our fellow humans. Your social calendar may be empty, but you can never get too lonely if you have books to keep you company! Given the nationwide lockdown, you won’t be able to fill your bookshelf with paper books, but the good news is that you can still set your mind free with our wide selection of eBooks and Audiobooks.

Follow us on social media and subscribe to our newsletter for reading recommendations during lockdown: http://www.nb.co.za/en/newsletter-sign-up

A common misconception is that you need a special device to read eBooks, but you don’t need a Kindle to enjoy all your favourite books in digital form. You can download the Amazon Kindle, Kobo, or Snapplify app on any device and South Africans can purchase our books from any of the following platforms that will remain operational during the lockdown:
Amazon Kindlehttps://www.amazon.com/Kindle-eBooks/ (Readers can download the Kindle App on any device, and do not need to purchase a Kindle device to be able to buy and enjoy eBook.)
Kobohttps://www.kobo.com/ (Readers can download the Kobo App on any device, and do not need to purchase a Kobo device to be able to buy and enjoy eBook.)
Snapplifyhttps://www.snapplify.com/ (Readers can download the Snapplify-app on any device, and do not need to purchase a eReader device to be able to buy and enjoy eBook.)
Takealothttps://www.takealot.com/books/ebooks (In order to read the eBook, you need to have a compatible device, register for an Adobe ID and download the eReader from Takealot.)

You can also buy audiobooks at Audible (https://www.audible.com/) and listen to them on your computer, tablet or smartphone. Download the Audible app and start listening. You can sign up for Audible’s monthly subscription or you can buy books one by one – no strings attached. We have also partnered with Netwerk24 and their subscribers will have access to select audiobooks every month at no extra cost (https://www.netwerk24.com/Web-etikette/Onderwerpe/luisterboeke).

NB Publishers has a wide selection of eBooks and audiobooks - brand new publications and absolute classics - that will help the 21 days in lockdown to fly by. We would like to make special mention of Deon Meyer’s Koors, also available as eBook, which imagines the world after a devastating coronavirus sweeps through it (Read this interesting article: https://www.news24.com/Analysis/deon-meyer-imagining-a-post-apocalyptic-post-virus-world-20200326).

We’ve grouped our selection into themed recommendations and will be adding more collections shortly. Take a look below! The full list of our available ebooks and audiobooks will be made available on our website: https://www.nb.co.za/book/DownloadExtract?fileId=21641

Nuwe Afrikaanse Fiksie:
Hond se gedagte (9780798179300) deur Kerneels Breytenbach
Die verevrou (9780798170512) deur Jan van Tonder
Die boek van gelukkige eindes (9780795802041) deur Debbie Loots
Die ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey (9780624084358) deur Charl-Pierre Naude
Vergeet my nie (9780624087878) deur Francois Bloemhof
Die biblioteek aan die einde van die wêreld (9780624089223) deur Etienne van Heerden
Anderman se vrou (9780798179836) deur Chris Karsten Boeke/Books
Skag (9780624089490) deur Jaco Wolmarans
My naam is Prins, ek slaap met die lig aan (9780798179713) deur Christine Barkhuizen-le Roux
Die dao van Daan van der Walt (9780624082538) deur Lodewyk G. du Plessis
Die nuwe Afrikaanse Prosaboek (9780798178099) deur Sonja Loots en Steward van Wyk

Afrikaanse Nie-Fiksie:
Spertyd (9780624084334) deur Elsa Joubert
Toe-Val-Lig (9780624080244) deur Amore Bekker
Kyk na my: Herinneringe aan ‘n kindertyd (9780798179942) deur Nataniël News Page
1 Recce (9780624081500) deur Alexander Strachan
1 Recce Vol. 2 (9780624085218) deur Alexander Strachan
Elders (9780795801365) deur Erns Grundling
Sushi en Shosholosa (9780795802119) deur Erns Grundling
Koshuis (9780795801662) deur Erns Grundling
Jeremy vannie Elsies (9780624084112) deur Jeremy Vearey
Liefde agter tralies (9780624087014) deur Carla van der Spuy

Klassieke Afrikaanse Kluitklaplys:
Eilande (9780624078166) deur Dan Sleigh
Agaat (9780624068761) deur Marlene van Niekerk
Philida (9780798159159) deur André P Brink
Toorbos (9780624066101) deur Dalene Mathee
Horrelpoot (9780624052289) deur Eben Venter
Sewe dae by die Silbersteins (9780798178419) deur Etienne le Roux
Die aanspraak van lewende wesens (9780798158527) deur Ingrid Winterbach
Buys (9780795706943) deur Willem Anker
Die Kremetartekspidisie (9780798159999) deur Wilma Stockhenström
Fees van die ongenooides (9780624052616) deur P.G. du Plessis

Trending English Fiction:
Soweto, Under the Apricot Tree (9780795708381) by Niq Mhlongo
The Ones With Purpose (9780795708442) by Nozizwe Cynthia Jele
Being Shelley (9780795709616) by Qarnita Loxton
The Fetch (9780795707186) by Finuala Dowling
The Lazarus Effect (9780795703850) by HJ Golokai
Killing Sahara (9780795704857) by Mukoma wa Ngugi
Parts Unknown (9780795708800) by Zirk van den Berg
Yellowbone (9780795708862) by Ekow Duker
Thirteen Cents (9780795704932) by K Sello Duiker
Called to Song (9780795708596) by Kharnita Mohamed

Trending English Non-Fiction:
A Childhood Made Up (9780624089407) by Brent Meersman
Balance of Power (9780795709241) by Qaanitah Hunter
Kefilwe Mabote: Influencer De Luxe (9780798180467) by Kefilwe Mabote
Maverick Africans (9780624089094) by Hermann Giliomee
The ANC Spy Bible (9780624088974) by Moe Shaik
Will South Africa Be Okay? (9780624087748) by Jan-Jan Joubert
Robert McBride: The Struggle Continues (9780624089155) by Bryan Rostron
For the Love of the Land (9780624089001) by Ivor Price & Kobus Louwrens
They called me Queer (9780795709180) by Kim Windvogel
Betrayal: The secret lives of apartheid spies (9780624083894) by Jonathan Ancer

Afrikaanse Poësie:
Chokers en Survivors (9780795704895) deur Nathan Trantraal
Ingrid Jonker: Versamelde gedigte (9780798174688)
Noudat slapende honde (9780795703621) deur Ronelda Kamfer
Die Gewildste Afrikaanse gedigte (9780798158381) saamgestel deur Leserskring
die na-dood (9780798172479) deur Breyten Breytenbach
Mede-wete (9780798167888) deur Antjie Krog
Die heel mooiste Afrikaanse liefdesgedigte (9780798170413) saamgestel deur Fanie Olivier
Karnaval en lent (9780624067757) deur TT Cloete

English Poetry:
Synapse (9780798167918) by Antjie Krog
Groundwork (9780795704314) by Rustum Kozain

Afrikaanse Christelike Leesstof:

Die Bybel in Fokus (9780796322340) deur Louis Jonker, Ernst Conradie, Jan Botha
Geloof sonder sekerhede: Hoe kan ek nog glo? (9780796319005) deur Anton van Niekerk
Die seders van Libanon (9780796321527) deur Adriana Faling
Papierblomme (9780796321435) deur Helena Hugo
'n Belofte vir Bippie (9780796321466) deur Elsa Winckler
Koeke en terte (9780796321404) deur Susan Coetzer
100 dae van dankbaarheid (9780796321220) deur Francine Prins
Hykie Berg: My storie van hoop (9780796320568) deur Hykie Berg Public Page
Vagabond: Is your life worth living? (9780796321596) deur Frank Rautenbach
Twee kinders later (9780796321848) deur Charmé Kriel

Melinda Ferguson Books (available from 1 April 2020):
Sex, Lies & Stellenbosch (9781928420415) by Eva Mazza
Sex, Lies Declassified (9781928420897) by Eva Mazza
A Renegade Called Simphiwe (9781920601102) by Pumla Gqola
Rape (9781920601546) by Pumla Gqola
Reflecting Rogue (9781928420019) by Pumla Gqola
From Whiskey to Water (9781920601782) by Sam Cowen
Crashed (9781920601621) by Melinda Ferguson Publisher/ Writer
Being Chris Hani's Daughter (9781920601850) by Ferguson Hani
Killing Karoline (9781928420040) by Sara-Jayne King
Things Even González Can't Fix (9781928420248) by Christy Chilimigras
Brutal Legacy (9781928420187) by Tracy Going
Because I Couldn’t Kill You (9781928420743) by Kelly-Eve Koopman
The Year of Facing Fire (9781928420637) by Helena Kriel
I Choose to Live (9781928420682) by Letshego Zulu
Leaving Word (9781928420774) by Steven Sidley
Get me to 21 (9781928420712) by Gabi Lowe
Durban Poison (9781928420835) by Ben Trovato
Not Child's Play (9781928420866) by Dave Muller

Debuutromans en skrywers om dop te hou:
Kinnes (9780795708770) deur Chase Rhys
Die tragiese saak van Pamina Vermaak (9780795708718) deur Annie Klopper
Stof (9780795801600) deur Alettie van den Heever
Die daggaboer (9780798177474) deur Jean-Pierre de Kock
Gedeeltelik bewolk (9780624088585) deur Ruan Kemp
Klikbek (9780798178129) deur Sidney Gilroy
Verlorenkop (9780795801075) deur Celesté Fritz
Die kinders van Spookwerwe (9780798177191) deur Lize Albertyn-du Toit
Hy kom met die skoenlappers (9780798172530) deur Valda Jansen
Wonderboom (9780795800962) deur Lien Botha

Winners of the Sanlam Prizes for Youth Literature
Toring van Jasmyn (9780624087526) deur Derick van der Walt
Sindikaat (9780624087618) deur Annerle Barnard Skrywer/Author
The Music Box (9780624087588) by Toby Bennett
Sing Down the Stars (9780624087496) by Nerine Dorman
Hap (9780624082002) by Lesley Beake
New Keepers (9780624082033) by Jayne Bauling Writer
Blou is nie ‘n kleur nie (9780624081944) deur Carin Krahtz
Soen (9780624081975) deur Jan Vermeulen

Boeke vir die Jongspan:
Raaiselster (9780798178983) deur Troula Goosen - skrywer
Raaiselklip (9780798176705) deur Troula Goosen
Blits (9780624081807) deur Nadine en Adriaan Blom
Blits 2 (9780624084082) deur Nadine en Adriaan Blom
Pienk is nie vir sissies nie (9780624085416) deur Christien Neser
Liewe Heksie se groot omnibus (9780798172745) Verna Vels
Trompie Omnibus 1 – 7 deur Topsy Smith
Saartjie Omnibus 1 – 7 deur Bettie Naudé
Speurder Kwaaikofski-reeks deur Jürgen Banscherus
Grilgrypers 1 – 3 deur De Wet Hugo - Skrywer
Leeus met letsels (9780798157841) deur Fanie Viljoen
Brand (9780624084051) deur Fanie Viljoen
Vlerke vir almal (9780798174527) deur Marion Erskine
Sweepslag (9780624086789) deur Annerle Barnard Skrywer/Author
Elf dae in Parys (9780624077459) deur Elizabeth Wasserman
Skadujagter (9780798177306) deur Dihanna Taute
Kraak (9780624085324) deur Rouxnette Meiring
Snak (9780624085355) deur Rouxnette Meiring
Tienerharte 1 – 4 deur Cecilia Steyn
Die Poort 1 – 4 deur Nelia Engelbrecht

Books for Kids and Teenagers:
Snitch (9780624077121) by Edyth Bulbring
The Choice Between Us (9780624086833) by Edyth Bulbring
The Mark (9780624068822) by Edyth Bulbring
The Reject (9780624086871) by Edyth Bulbring
There should have been five (9780624076575) by Marilyn Honikman
Mr Humperdinck's Mysterious Manuscript (9780798174497) by Wynand Louw
Hearing Helen (9780798164375) by Carolyn Morton
Elevation 1 – 3 by Helen Brain
Mine (9780798176835) by Sally Partridge

Afrikaanse Liefdesverhale:
Mooier as Marilyn (9780795801914) deur Anita du Preez
Wierook van verlange (9780624081050) deur Annelize Morgan
Donatello en Volksie (9780624051077) deur Marion Erskine
Ena Murray Keur 19 (9780624087960)
Die lente kom weer deur (9780798171007) Christine le Roux
Elsa Winckler Eerste Keur (9780624084853)
Waar liefde begin (9780624083658) deur Schalkie van Wyk
’n Soort van bevryde vrou (9780624087670) deur Kristel Loots
Bloudruk vir die liefde (9780624074656) deur Susan Pienaar
Vlug na Santorini (9780624084587) deur Malene Breytenbach

Luisterboeke - Afrikaans:
13 Uur (9780798166454) deur Deon Meyer
Ikarus (9780798170437) deur Deon Meyer
Kobra (9780798166447) deur Deon Meyer
Prooi (9780798179478) deur Deon Meyer
Anderkant die scrap (9780798159432) deur Dana Snyman Skrywer
Op pad: 'n Reisjoernaal (9780624088455) deur Dana Snyman
Die blou van onthou (9780624074526) deur Marita van der Vyver
Die gasheer van Drakeneiland (9780624063445) deur Ena Murray
Plekkie in die son (9780624063506) deur Ena Murray
Die swerfjare van Poppie Nongena (9780624066934) deur Elsa Joubert
Spertyd (9780624088479) deur Elsa Joubert
Die tragiese saak van Pamina Vermaak (9780795709272) deur Annie Klopper
Die Verdwyning van Mina Afrika (9780624078555) deur Zuretha Roos
Die-kwart-voor-sewe-lelie (9780798163569) deur Eleanor Baker
Dis ek, Anna (9780795703119) deur Anchien Troskie
Die staat teen Anna Bruwer (9780795706233) deur Anchien Troskie
Droomdelwers (9780624074533) deur Esta Steyn
Dubbelspel (9780624088424) deur Wilna Adriaanse
Eindspel (9780624086628) deur Wilna Adriaanse
Rebecca (9780624057246) deur Wilna Adriaanse
Elders (9780795802096) deur Erns Grundling
Fees van die ongenooides (9780624086635) deur P.G. du Plessis
Fiela se kind (9780624088431) deur Dalene Matthee
Kringe in 'n bos (9780624088486) deur Dalene Matthee
Huilboek (9780798179454) deur Ryk Hattingh
Is Sagie (9780798179409) deur Jan van Tonde
Jeremy vannie Elsies (9780624088516) deur Jeremy Vearey
Kamikaze (9780624088417) deur Rudie van Rensburg
Kamphoer (9780624088509) deur François Smit
Katryn: Vrou van die Richtersveld (9780798179416) deur Jan Huisamen
Kinnes (9780795709265) deur Chase Rhys
’n Ander land (9780798171168) deur Karel Schoeman
Plesierengel (9780624066866) deur Leon van Nierop
Skoenlapper (9780798165037) deur Irma Venter
Stormkind (9780624088493) deur Riana Scheepers
Voetpad na Vergelegen (9780624088448) deur Chris Barnard

Luisterboeke – Afrikaans Kinder & Jeug:
Die avonture van Hanna Hoekom (9780624063438) deur Marita van der Vyver
Die mooiste sprokies van Grimm (9780798163576) deur Marita van der Vyver
Die dingesfabriek 1: Jannus en Kriek op die maan (9780624066965) deur Elizabeth Wasserman
Huppelkind (9780624088530) deur W.O. Kühne
In die land van pamperlang (9780798165761) deur Linda Rode
Jakkals en Wolf (9780798163552) deur Pieter Grobbelaar
Lien se lankstaanskoene (9780624063421) deur Derick van der Walt
Onderwêreld (9780624066682) deur Fanie Viljoen
Rympies vir pikkies en peuters (9780624078074) deur Riana Scheepers, Suzette Kotzé-Myburgh & Gertie Smit
Vaselinetjie (9780624088462) deur Anoeschka von Meck
Vlerke vir almal (9780798179423) deur Marion Erskine
Wielie Wielie Walie (9780798165020) deur Louise Smit

Luisterboeke – Afrikaans Christelik:

Die grafte jubel (9780796317742) deur Esta Steyn
Man van Cirene (9780796321886) deur F.A. Venter
'n Tuin vir Tessa (9780796321862) deur Helena Hugo

Johannes de Villiers se gesprek met Dana Snyman


20-03-2020

Boekbekendstellings is dalk vir eers op ys, maar jy kan hier na Johannes de Villiers se gesprek met Dana Snyman by Toyota US Woordfees 2020 luister.
Dana Snyman se Soekmekaar kan by jou naaste boekwinkel of aanlyn bestel word: www.nb.co.za/af/view-book/?id=9780624088660

Soekmekaar is ’n stuk of 50 stories waarin Dana Snyman Skrywer besin oor enigiets van Donald Trump tot ’n 40ste skoolreünie, van sy kennismaking met Eugène Terre’Blanche tot die Bogosi-gesin wat by hom gewoon het op Jacobsbaai. Hy vertel hoe mense na mekaar probeer uitreik in ons land; hoe ons mekaar soek en nie altyd vind nie. Johannes de Villiers, skrywer van Kalmte in die malle gejaag en Blydskap: Mindfulness-wenke vir ’n vreugdevolle lewe, vra hom uit.

Luister hier op die platform van jou keuse: https://pod.link/1334018954/episode/dGFnOnNvdW5kY2xvdWQsMjAxMDp0cmFja3MvNzc4ODk0ODQ2

Gabeba Baderoon wins at 2020 Humanities and Social Sciences (HSS) Awards


17-03-2020

The winners of the 2020 Humanities and Social Sciences Awards (HSS Awards) were announces at a ceremony on 12 March 2020 at Constitution Hill in Johannesburg.

Gabeba Baderoon won the award for Books: Poetry and Short Stories for her poetry collection The History of Intimacy (Kwela).

This is the third award for Gabeba Baderoon‘s poetry collection, which was awarded the University of Johannesburg Main Prize and the Elisabeth Eybers Prize last year.

The awards, now in their fifth year, are run by the National Institute for the Humanities and Social Sciences and are open to South African publishers, scholars based in South African universities and independent artists linked to universities.

The awards honour ‘outstanding, innovative and socially responsive scholarship, creative as well as digital contributions that enhance and advance fields in the humanities and social sciences’ and ‘recognise and celebrate those members of the Humanities and Social Sciences community who are undertaking the necessary work of creating post-apartheid and postcolonial forms of scholarship, creative production, and digital humanities outputs’.

Wen en LEES vir Wêreldboekedag!


17-03-2020
Loer in die splinternuwe uitgawe van National Geographic Kids SA hoe jy 'n stapel boeke vir Wêreldboekedag kan WEN! ??
Elke dag is boekedag, of hoe? Daar is so baie opwindende en interessante dinge om te lees!
Vier die plesier van lees op Wêreldboekedag op 23 April met ’n stapel nuwe stories! National Geographic Kids gee met vergunning van NB-Uitgewers/Publishers drie geskenkpakkies in elke ouderdomsgroep weg. Lees die tydskrif vir meer besonderhede!

Besoek NB-Uitgewers/Publishers se Facebook blad vir die lekker kompetisie.

Jennifer Malec talks to Willem Anker


10-03-2020
The Johannesburg Review of Books editor Jennifer Malec talks to Willem Anker about his novel Red Dog, which was recently longlisted for the International Booker Prize.
Read the interview here: https://johannesburgreviewofbooks.com

Persverklaring – vir onmiddellike vrystelling / Press Release – for immediate release


03-03-2020

3 Maart 2020 / 3 March 2020

In die boek The Lost Boys of Bird Island en die vertaalde weergawe daarvan, Die seuns van Bird Island, word stellings gemaak wat daarop kan dui dat, alhoewel hy nie by name genoem word nie, mnr. Barend du Plessis betrokke kon wees by die seksuele mishandeling van minderjarige seuns. Hoewel daar pogings aangewend is om sy identiteit te verbloem, aanvaar NB-Uitgewers dat daar steeds voldoende inligting in die boeke voorkom om mnr. Du Plessis te identifiseer as ’n betrokkene.

Die gewraakte stellings kon nie onafhanklik geverifieer word nie.

NB-Uitgewers vra onvoorwaardelik verskoning vir die publikasie van hierdie bewerings tot die mate dat dit mnr. Du Plessis impliseer, en vir die gepaardgaande inbreuk op sy menswaardigheid en aantasting van sy reputasie, asook die emosionele skade wat dit vir hom en sy familie veroorsaak het.  Ten einde verdere verspreiding van die boek te beperk, het NB-Uitgewers reeds onverkoopte eksemplare van beide die Afrikaanse en Engelse uitgawes van die boek aan die handel onttrek en die e-boek is van aanlynplatforms vir e-handel verwyder.

Die verskoning is beperk tot mnr. Du Plessis en is nie van toepassing op enige ander persoon geïdentifiseer in die boek wat 'n rol gespeel het in die gebeure beskryf in die boek nie.  NB-Uitgewers sal enige poging om die boek en sy inhoud te diskrediteer in die toepaslike forum verdedig.   

**********************************************************

In the book The Lost Boys of Bird Island and its translated version, Die seuns van Bird Island, statements are made which may suggest that Mr Barend du Plessis, though not mentioned by name, might have been involved in the sexual abuse of underaged boys. While attempts were made to conceal his identity, NB Publishers accepts that the books contain sufficient information to identify Mr Du Plessis as an involved party.

The contested statements could not be verified independently. 

NB Publishers unreservedly apologises for the publication of these allegations to the extent that they implicate Mr Du Plessis, and for the attendant infringement of his dignity and impairment of his reputation, as well as the emotional distress this caused him and his family. In order to limit further distribution of the book, NB Publishers has withdrawn unsold copies of both the Afrikaans and English editions of the book from bookshops and the e-book has been removed from online e-trade platforms.

This apology is limited to Mr Du Plessis and does not extend to any other person identified in the book as having played a role in the events portrayed in the book. NB Publishers shall defend any attempt at discrediting the book and its contents in the appropriate forum.  

Humanities and Social Sciences (HSS) Awards short lists announced


24-02-2020

The National Institute for the Humanities and Social Sciences (NIHSS) has announced their short lists with two titles by NB Publishers in the running for the Fiction Book Award:

•        Called to Song by Kharnita Mohamed (Kwela)

•        The History of Intimacy by Gabeba Baderoon  (Kwela)

 Other titles in this category include:

  • A Tree for the Birds by Vernon R. L. Head (Jacana Media)
  • Lacuna: A Novel by Fiona Snyckers (Pan Macmillan SA)

 The Awards – hosted by the National Institute for the Humanities and Social Sciences (NIHSS) – boasts over 100 entries in eight categories.

 The fifth installation of the annual Humanities and Social Sciences (HSS) Awards, taking place on 12 March 2020, honours authors and contributors of books, creative collections, and digital contributions.

 For more information and the full list of nominees, visit the NIHSS website.

WEN twee stelle getekende Deon Meyer-boeke ter waarde van R5000 elk.


20-02-2020

Skryf só in:
1) Like NB-Uitgewers se Facebook-blad.
2) Stuur 'n e-pos na [email protected] om deel te neem. Klik hier en jou e-pos sal outomaties oopmaak met die maklike vrae wat jy moet beantwoord om in te skryf.


Ons sal dan vir jou meer inligting stuur oor hoe jy met WAT se “borg ’n woord” te werke gaan.

Die kompetisie sluit 13 Maart 2020, en die wenner word Vrydag 20 Maart 2020 aangekondig.

 

Best Books Eksamenhulp


12-02-2020

Katalogus: Best Books Eksamenhulp 2020

Best Books Eksamenhulp: Graad 11 Afrikaans Taal- en leesoefenboek vir Eerste Addisionele Taal

Die Best Books Taal- en leesoefenboek vir Graad 11 Eerste Addisionele Taal is ’n gebruikersvriendelike werkboek wat ’n wye verskeidenheid tweetalige opsommings en taaloefeninge bevat om leerders met eksamenvoorbereiding te help. Hierdie taaloefeninge sal die worstelende én die vooruitstrewende addisionele taal-leerder help om beter te vaar in die eksamen. 

Die taal- en leesoefenboek
  • dek die belangrikste taalstrukture en -konvensies soos klankleer, woordvorming, woordsoorte en sins- en betekenisleer wat die leerder die geleentheid bied om teoriese kennis toe te pas volgens die vereistes van die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring.
  • bied Engelse vertalings van begrippe en toeganklike opsommings met voorbeelde.
  • bestaan uit agt hoofstukke met taaloefeninge en twee begripstoetse per hoofstuk.
  • sluit oefenvraestelle in.
  • bied plek vir antwoorde, vir maklike hersiening en verwysing.

Die boek is saamgestel volgens die nuutste AWS, en is geskik vir gebruik in die klaskamer of tuis.

Best Books Eksamenhulp: Graad 11 Taal- en leesoefenboek vir Huistaal

Die Best Books Taal- en leesoefenboek vir Graad 11 Huistaal is ’n gebruikersvriendelike werkboek wat ’n wye verskeidenheid toeganklike opsommings en taaloefeninge bevat om leerders se taalkennis te versterk en sal help om Afrikaans makliker onder die knie te kry. Die taaloefeninge in dié boek sal die worstelende én die vooruitstrewende leerder help om beter te vaar in die eksamen. 

Die taal- en leesoefenboek
  • dek die belangrikste taalstrukture en -konvensies soos klankleer, woordvorming, woordsoorte en sins- en betekenisleer wat die leerder die geleentheid bied om teoriese kennis toe te pas volgens die vereistes van die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring.
  • is saamgestel volgens die nuutste AWS. 
  • bied toeganklike opsommings, gebaseer op uittreksels uit die jongste jeugboeke, met voorbeelde.
  • bestaan uit agt hoofstukke met taaloefeninge en twee begripstoetse per hoofstuk.
  • sluit oefenvraestelle in.
  • bied plek vir antwoorde, vir maklike hersiening en verwysing.

Maverick publisher, Melinda Ferguson joins forces with NB Publishers


31-01-2020

After a whirlwind seven years of publishing bestsellers under the imprint MFBooksJoburg, with Jacana Media, Melinda Ferguson has signed a promising new joint venture with South Africa’s leading trade publisher, NB Publishers.

"I felt like it was time for change," says Ferguson. "I admire the work NB has been delivering in the last few years and am impressed by their exceptional marketing and distribution capacity. I look forward to the next stage of my publishing career, supported by the very impressive skills at NB."

MFBooks’ backlist includes highlights such as Sunday Times Alan Paton Award winner Rape: A South African Nightmare by Professor Pumla Dineo Gqola. 2020 will see Ferguson's new imprint Melinda Ferguson Books publish no less than 10 titles including the much-anticipated new title from Prof Gqola Female Fear Factory, which will address the scourge of gender-based violence in South Africa. Ferguson continues "Pumla and I have a long history, collaborating on groundbreaking bestsellers like Rape and Reflecting Rogue. I can't wait for her new book."

Ferguson's year kicks off on 1 April with Sex, Lies Declassified by Eva Mazza, the sequel to Sex Lies & Stellenbosch, one of the top-selling fiction titles of 2019. Ferguson takes with her a host of previous bestselling memoirs including I Choose to Live by Letshego Zulu, Get Me to 21 by Gabi Lowe, Brutal Legacy by Tracy Going and Killing Karoline by Sara-Jayne King Makwala.

Eloise Wessels, Managing Director Media24 Books, says, “At NB Publishers we have long admired Melinda Ferguson’s impressive publishing skills and her superb networking capacity.  We are very proud to be associated with her.”

Please direct all enquiries to Nicky Stubbs [email protected]. Further details regarding distribution will follow shortly.

John Maytham in conversation with Robert McBride & Bryan Rostron


27-01-2020

When Robert McBride was sentenced to death, he turned to the public gallery in court and said: ‘Freedom is just around the corner. I am leaving you at the corner – and you must take that corner to find freedom on the other side.’ As the guard moved in, he raised his fist and shouted: ‘The struggle continues till Babylon falls!’
It was 1987: the time of ‘total onslaught’. The trial of the MK unit that planted the Magoo's bomb on the Durban beachfront dominated the news but few knew the real facts of the brave young people who brought the armed struggle to KwaZulu-Natal.
This is the remarkable story of McBride and his comrades: the substation sabotage spree, rescuing a compatriot from hospital and smuggling him to Botswana, the devastating Why Not and Magoo's car bomb that killed three women, the dramatic trial and McBride’s 1 463 days on Death Row.
Now updated to include McBride’s controversial life after the end of apartheid, this is a thrilling tale of a young South African’s incredible courage, loyalty between friends and falling in love across the race barrier. Today, the struggle continues as McBride fights against corruption and state capture.

https://nb.co.za/en/view-book/?id=9780624089148

Order Robert McBride: The Struggle Continues by Bryan Rostron from your nearest bookstore or online (ISBN 9780624089148), R290.

SANLAM PRIZE FOR YOUTH LITERATURE 2021 | ENG & AFR


13-01-2020
The competition is presented in Afrikaans, English, Nguni languages, Sotho languages, Tshivenda and Xitsonga.
THERE ARE SIX PRIZES: GOLD PRIZE: R20 000 (x3), SILVER PRIZE: R10 000 (x3)

Die wedstryd word in ses kategorieë aangebied: Afrikaans, Engels, Nguni-tale, Sotho-tale, Tshivenda en Xitsonga.
DAAR IS SES PRYSE: GOUD: R20 000 (X3), SILWER: R10 000 (X3)

Entry form downloadable here, in english and afrikaans: Entry form | Inskrywingsvorm 

NB SE GROOT AFRIKAANSE ROMANWEDSTRYD 2021 AANGEKONDIG


10-01-2020

NB-Uitgewers/Publishers kondig met trots die vierde Groot Afrikaanse Romanwedstryd aan. Dié wedstryd is nie net die omvangrykste plaaslike romanwedstryd nie; dit bied ook die grootste beloning sowel as die geleentheid om by Suid-Afrika se grootste plaaslike uitgewery te publiseer.

Prysgeld van altesaam R350 000 is op die spel. Die wenner ontvang R200 000, terwyl die tweede en derde prys onderskeidelik R70 000 en R40 000 beloop. Daar is ook ’n debuutprys ter waarde van R40 000.

“Die Groot Afrikaanse Romanwedstryd se doel is om talentvolle nuwe aspirantskrywers aan te moedig om te skryf, én om ervare skrywers aan te moedig om nuwe manuskripte te voltooi,” sê Marga Stoffer, uitgewersbestuurder van NB-Uitgewers. “Ons het 90 inskrywings vir die vorige wedstryd ontvang, en hoop dat die aantreklike pryse en die prestige van die wedstryd Afrikaanse skrywers weer eens sal inspireer om hulle manuskripte vir die wedstryd gereed te kry.”

Die Groot Afrikaanse Romanwedstryd word volledig deur NB-Uitgewers geborg en vind elke drie jaar plaas. In 2012 was die wenner Die aanspraak van lewende wesens deur Ingrid Winterbach, in 2015 is die kompetisie gewen deur Dan Sleigh, met sy roman 1795, en in 2018 was die wenner Die troebel tyd deur Ingrid Winterbach.

Die Groot Afrikaanse Romanwedstryd het ’n trotse geskiedenis wat terugdateer tot 1990, en het ontwikkel uit die destydse Sanlam/Insig Groot Romanwedstryd wat later die Sanlam-romanwedstryd geword het.

Deelnemers kan hulle manuskripte voorlê aan enigeen van NB-Uitgewers se fiksiedrukname, naamlik Tafelberg, Human & Rousseau, Queillerie of Kwela. NB-Uitgewers het die eerste opsie om alle romans wat ingeskryf word te publiseer. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 1 Augustus 2020 en manuskripte word vanaf 1 Junie 2020 aanvaar.

Die wedstrydreëls en inskrywingsvorm is aflaaibaar by:
http://bit.ly/GrootAfrikaanseRomanwedstryd2021.
Skrywers se navrae kan telefonies gerig word aan 021 406 3412 of per e-pos aan [email protected].

Medianavrae kan gerig word aan Eben Pienaar by [email protected] / 021 406 3036.

Die biblioteek aan die einde van die wêreld


04-12-2019

Etienne Bloemhof gesels met Etienne van Heerden oor sy jongste roman, Die biblioteek aan die einde van die wêreld.



Meer oor die boek:
Prokureur Ian Brand stuur ’n ondeurdagte twiet die kuberruim in en sy lewe word oornag pure hel. Thuli Khumalo, studenteaktivis op ’n kampus wat stink na petrol en traangas, moet kies tussen vaderverraad of haar beginsels versaak. En al hoe gereelder slaan ’n kruisboogmoordenaar in die Moederstad toe . . . Dié tergend aktuele roman sê veel oor die tyd waarin ons lewe, waar “die waarheid” klaarblyklik ’n onhaalbare ideaal is.

Die biblioteek aan die einde van die wêreld
Etienne van Heerden

Bestel Etienne van Heerden se splinternuwe roman by jou naaste boekwinkel of aanlyn (ISBN 9780624089216, R360).

Gabeba Baderoon wins 2019 UJ Prize!


27-11-2019

Gabeba Baderoon wins 2019 UJ Prize! The winners of the University of Johannesburg Prizes for South African Writing in English have been announced, with Gabeba Baderoon winning the main prize for The History of Intimacy (Kwela, 2018).

Earlier this year Baderoon also received the Elisabeth Eybers Prize for Afrikaans and English poetry for this same title.

Unlike most literary awards, the UJ Prizes are not linked to a specific genre, as, according to the organisers, the idea is to ‘open the prize to as many forms of creative writing as possible’.

The UJ Main Prize winner will receive R70,000, while the UJ Debut Prize comes with R35,000.

UJ Main Prize shortlist:
- The Ones With Purpose – Nozizwe Cynthia Jele (Kwela)
- The History of Intimacy – Gabeba Baderoon (Kwela)
- A Spy in Time – Imraan Coovadia (Penguin Random House South Africa)

UJ Debut Prize shortlist:
- An Image in a Mirror – Ijangolet S Ogwang (Jacana Media)
- The Broken River Tent – Mphuthumi Ntabeni (Jacana Media)
- The Theory of Flight – Siphiwe Gloria Ndlovu (Penguin Random House South Africa)
- You Have to be Gay to Know God – Siya Khumalo (Kwela)

Valda Jansen wen grootste prys vir Afrikaanse skryfkuns


14-11-2019

Valda Jansen is pas aangekondig as die ontvanger van die Jan Rabie-en-Marjorie Wallace Skrywersbeurs vir 2020. Dit is die grootste prys vir Afrikaanse skryfkuns – R430 000.

Jansen het in 2016 gedebuteer met Hy kom met die skoenlappers en het in 2017 die Jan Rabie Rapport-prys vir debuutfiksie ontvang.

Netwerk24 het met Valda gesels oor hierdie nuus:

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/jansen-wen-grootste-prys-vir-afrikaanse-skryfkuns-20191114

The International DUBLIN Literary Award


12-11-2019

We are proud to announce that two novels published by Kwela Books (an imprint of NB-Uitgewers/Publishers) are among 156 books nominated by libraries around the world for the 2020 International Dublin Literary Award. Congratulations Nozizwe Cynthia Jele, author of The Ones with Purpose, and Kirsten Miller, author of The Hum of the Sun, on this wonderful achievement!

With the winner receiving €100,000, the Award is the world’s most valuable annual prize for a single work of fiction published in English. Nominations include 50 novels in translation with works nominated by libraries from 40 countries in Africa, Europe, Asia, the US & Canada, South America and Australia & New Zealand.

Organised by Dublin City Council, the 2020 Award was launched today [11th November] by Cllr. Mary Fitzpatrick, representing Lord Mayor Paul McAuliffe, Patron of the Award.

Speaking of the global interest in the Award, the City Librarian Mairead Owens remarked: “This great prize affirms Dublin’s commitment to international writers and translators, to literature and creativity. Through this award Dublin, a UNESCO City of Literature, brings the worldwide community of readers together to read the works of contemporary writers from all corners of the world.”

The full list of 156 titles can be viewed at www.dublinliteraryaward.ie.

The shortlist will be published on 2nd April 2020, and the Lord Mayor of Dublin will announce the winner on 10th June 2020.

The International DUBLIN Literary Award is a Dublin City Council initiative.

Broederband tussen mans in debuutroman ondersoek


24-10-2019
Die ongeskrewe broederband tussen mans sowel as sekere aspekte van manlikheid wat dikwels verswyg word, is onder die loep in Sidney Gilroy se debuutspanningsroman, Klikbek.

"Daar word tans baie oor toxic masculinity gepraat," sê Gilroy oor sy roman, wat onlangs by Human & Rousseau verskyn het. Lees hier verder aan sy gesprek met AJ Opperman: https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/broederband-tussen-mans-in-debuutroman-ondersoek-20191023

Nataniël-memories prikkel al jou sinne


24-10-2019
"Kyk na my is 'n intelligente, deernisvolle en humoristiese terugblik op die kinderjare van een van Suid-Afrika se bekendste handelsname," skryf Herman Lategan in sy resensie van Kyk na my: Herinneringe aan 'n kindertyd deur Nataniël News Page.

Volledige berig op Netwerk24 skakel:
https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/nataniel-memoires-prikkel-al-jou-sinne-20191019?fbclid=IwAR2gOvT2nCZNINs9RX5YWiqLwYuqlNvnyysYPAwfgB-S5k7nKl6H-W_2EfE

NB Publishers receives AAP International Freedom to Publish Award


09-07-2019

’n Omstrede en uiters nadelige Wysigingswetsontwerp op Outeursreg word binnekort in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê vir debat en goedkeuring. Dit is die tweede lesing van die Wetsontwerp wat oorspronklik in Mei 2017 voorgestel is om die Wet op Outeursreg van 1978 te wysig. Die doel daarmee was onder meer om die Wet by te werk om voorsiening te maak vir die digitale era en om beter beskerming aan kunstenaars en skrywers te bied.

 

Die huidige Wetsontwerp voor die Parlementêre Portefeuljekomitee van Handel en Nywerheid het ’n bedenklike proses gevolg en is swak geformuleer en nie gegrond op duidelike beleid nie. Volgens bedryfs- en regskenners sal dit nie in die praktyk toegepas kan word nie en is verskeie klousules strydig met internasionale verdrae waartoe Suid-Afrika hom verbind het.

 

Die Wetsontwerp maak voorsiening daarvoor dat kopieregwerke sonder toestemming en dus sonder vergoeding aan die kopiereghouers – skrywers, illustreerders en uitgewers – gebruik word. Dit kan inderdaad die grootskaalse gebruik van kopieregmateriaal moontlik maak, in so ’n mate dat boeke in sekere omstandighede in die geheel vir “opvoedkundige doeleindes” gekopieer kan word. As sodanig bedreig dit die regte en voortbestaan van skrywers en uitgewers – veral van opvoedkundige werke.

 

PricewaterhouseCoopers (PwC) het in opdrag van die Uitgewersvereniging van Suid-Afrika (PASA) ’n impakstudie gedoen (om te kompenseer vir die Departement Handel en Nywerheid se versuim in dié verband), wat aangetoon het dat die uitgewersbedryf ongeveer R2.1 miljard (of 33%) per jaar sal verloor in omset. Dit is uit hierdie verkope van boeke wat skrywers hulle brood verdien, want hulle tantième is ’n persentasie hiervan.

 

Die Wetsontwerp word afgejaag, en geldige besware en kundige advies word geïgnoreer. Ons glo dat dit strydig is met internasionale verdrae wat deur Suid-Afrika onderteken is, en ook met die Handves van Menseregte in die Suid-Afrikaanse Grondwet.

 

’n Aantal organisasies, waaronder PEN Afrikaans, PEN South Africa, Vereniging vir Akademiese en Niefiksieskrywers van Suid-Afrika (ANFASA) en ander, staan saam in voortgesette protes deur middel van ’n petisie wat deur LitNet gefasiliteer word. Hier is die skakel na die petisie: https://www.litnet.co.za/south-african-authors-protest-against-copyright-amendment-bill/  

 

Skrywers en uitgewers is saam in hierdie verknorsing want die een oorleef nie sonder die ander nie. Onderteken die petisie gerus in jou persoonlike hoedanigheid. Ek het dit reeds gedoen in sowel my persoonlike (met my eie besonderhede) as my professionele hoedanigheid (namens NB-Uitgewers).  

Die petisie sluit Vrydag, 30 November 2018 om 5nm.