For more information on COVID-19 and how to prevent infection, visit sacoronavirus.co.za.

Skakel in vir inskrywings


Pryswenners


2021 Ingrid Jonker-prys

Die prys word jaarliks beurtelings aan ? Afrikaanse of ’n Engelse debuutdigbundel toegeken.

2021 Andrew Murray-prysfonds

Twee Lux Verbi-titels stap vanjaar weg as die wenners van die Andrew Murray-Desmond Tutuprys en die Desmond Tutu-Gerrit Brandprys. Ultimate survivor deur Hykie Berg (Lux Verbi) is met die Andrew Murray-Desmond Tutuprys vir algemeen-Christelike publikasies in ’n amptelike taal van Suid-Afrika behalwe Afrikaans vereer. Die verlore seun vannie Gaatjie deur Ivor Swartz (Lux Verbi) is met die Desmond Tutu-Gerrit Brandprys vir debuutpublikasies in ’n amptelike taal van Suid-Afrika vereer. Die prysoorhandigingsfunksie sal weens die pandemie tot September uitgestel word en sal op Wellington plaasvind.

2021 UJ-pryse: Wenners aangekondig/Winners announced

NB-Uitgewers spog vanjaar met beide wenners van die gesogte UJ-pryse. Skepsel deur Willem Anker (Queillerie) is vanjaar met die UJ-prys vereer. Anker ontvang nou vir die derde maal die UJ-prys. Nog net hy en Marlene van Niekerk het al hierdie prestasie behaal in die prys se 21 bestaansjare. Anker het egter ook al die UJ-debuutprys ontvang. Die enigste ander skrywer wat ook beide die UJ-debuutprys en die UJ-prys al ontvang het, is S.J. Naudé. Pienk ceramic-hondjies deur digter Ryan Pedro (Kwela) is vanjaar met die UJ-debuutprys vereer. ------ NB Publishers walked away with both prizes at this year’s coveted UJ-pryse (for Afrikaans titles). Skepsel by Willem Anker (Queillerie) was honoured with the UJ-prys (main prize). Anker now joins Marlene van Niekerk as the second author to be awarded the UJ-prys three times in its 21 year existence. He and S.J. Naudé are the only authors to have received both the UJ-prys and the UJ-debuutprys (for debut work). Pienk ceramic-hondjies by poet Ryan Pedro (Kwela) was honoured with this year’s UJ-debuutprys.