For more information on COVID-19 and how to prevent infection, visit sacoronavirus.co.za.

Thula-thula (Afrikaanse uitgawe)

Annelie Botes

ISBN:

9780624046851

Epub ISBN:

9780624052395

Publisher:

Tafelberg

Date Released:

February 2014

Price (incl. VAT):

R 310.00

Format:

Soft cover, 336pp


About this book:

Op ‘n laatwintermiddag kom Gertruida Strydom alleen terug Kwakersvallei toe nadat haar pa en ma op die dorp begrawe is. Sy haat hulle. Terwyl sy ‘n toegang-verbode-bord op die plaashek vassit, juig sy saam met die vleipaddas dat die koedoe voor hulle ingehardloop het. Dit was nie haar pa en ma nie. Dit was Abel en Susarah Strydom. Een en dieselfde. Algeheel verskillend. Stinkryk. Brandarm. Wandelend met God. Ingehaak by Satan. Sy was nooit hulle kosbare kroonkiewietjie nie. Toe hulle haar moes bewaak teen die naglikkewaan, het hulle haar uitgelewer. Abel het van haar sy merrieponie gemaak toe sy nog wou kinderliedjies sing en naaldekokers jaag. Kindvrou wat in die silwer maanlig voor die venster vir hom moet dans; op haar knieë voor ouma Strydom se spieëlkas staan en na gru-beelde kyk. Terwyl Susarah siende blind en horende doof lê en slaap. Of is sy wakker? In die huis teen die bergrant sit Mama Thandeka in haar isitulo esishu-kumayo en wieg liggietjies. Haar oë sien sleg. Haar hart is vol droefte. Sy, umakhulu, het als op Kwakersvallei gesien en gehoor, jare lank. Snags slaap sy sleg, want toe sy moes praat, het sy ge-thula. Nou het die tyd vir praat verbygegaan. Al wat vir haar oorbly, is om al die utatas en umamas van die aarde se geeste tot by haar wiegstoel te roep, en te sê: Abazali, hlalani phantsi, phulapulani. Ouers, sit asseblief, luister mooi. Sodat sy, met iNkosi as getuie, die waarheid van die mense van Kwakersvallei kan uitsê. En Maandag se Maandag wil sy met haar notsungkierie afsukkel werf toe om Gertruida bietjie vas te hou. Al wil Gertruida van niemand vasgehou wees nie.

RELATED BOOKS

Op soek na Tretchikoff

Anita du Preez

Die biblioteek aan die einde van die wêreld

Etienne van Heerden

Man uit die dode

Chris Karsten

My naam is Prins, ek slaap met die lig aan

Christine Barkhuizen-le Roux

Mooier as Marilyn

Anita du Preez

Die dekonstruksie van Retta Blom

Zelda Bezuidenhout

Nadraai

Jaco Kirsten

Ek wens, ek wens

Zirk van den Berg

Sewe-en-veertig

Irma Venter

Sondes van die vaders

François Bloemhof

Weerlose meganika

Anton Roodt

Die uur van die engel

Karel Schoeman

'n Tuin vir Tessa

Helena Hugo

Somtotaal

Anchien Troskie

Merk

Rudie van Rensburg

Aanspreeklikheid

Jaco Fouché

Die Generaal

Hans Pienaar

Medusa

Rudie van Rensburg

Sewe dae by die Silbersteins

Etienne Leroux

Slagoffer

François Smuts

Kinnes

Chase Rhys

Middernag

Sidney Gilroy

’n Soort van bevryde vrou

Kristel Loots

Die verevrou

Jan van Tonder

Skadukant

Rika Cloete

Anderman se vrou

Chris Karsten

Bruidzilla

Marion Erskine

Die kind uit die wingerd

Helene de Kock

Die ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey

Charl-Pierre Naudé

Die wolkversamelaars

Nadia de Kock

Bos

Jaco Wolmarans

Vloek

Rudie van Rensburg

Prooi

Deon Meyer

Gedeeltelik bewolk

Ruan Kemp

Sondes van die vaders

Lerina Erasmus

Die boek van gelukkige eindes

Debbie Loots

Hond se gedagte

Kerneels Breytenbach

Draairivier

Engela Ovies

Vergeet my nie

François Bloemhof

Stille waters

Juanita Aggenbach

Tweegevreet

Zirk van den Berg

Skag

Jaco Wolmarans

Klapperhaar slaap nie stil nie

Kirby Van der Merwe

Rooiborslaksman

Marinda van Zyl

Die kinders van Spookwerwe

Lize Albertyn-du Toit

Die kleinste ramp denkbaar

Francois Smith

Die versoeking van Thomas Maas

Chris Karsten

Klikbek

Sidney Gilroy

Die troebel tyd

Ingrid Winterbach

Hans gee Herklaas horings

Rudie van Rensburg