- Fiksie
- Afrikaanse poësie
In die stille agterkamer
Gedigte by skilderye van Jan Mankes (1889–1920)
Marlene van Niekerk
ISBN:
Uitgewer:
Datum Vrygestel:
Prys (incl. VAT):
Formaat:
Sagteband, 68pp
Oor hierdie boek:
Met hierdie twee bundels beeldgedigte stel Marlene van Niekerk op ’n oorspronklike en toeganklike manier twee minder bekende Nederlandse skilders bekend: Adriaen Coorte (gebore tussen 1658 en 1664 en oorlede in 1707) en Jan Mankes (1889-1920). Sy lewer daarmee nogeens ’n bewys van die vernuwende en selfvernuwende aard van haar werk. Gesant van die mispels en In die stille agterkamer bevat elk ’n dosyn of wat skilderye, in kleur afgedruk, telkens vergesel van ’n beeldgedig in Afrikaans met die Nederlandse vertaling daarvan as bonus vir die geïnteresseerde leser.
In al twee bundels verteenwoordig die gedigte ’n fantasieryke ondersoek na die moontlike momente van skildersinspirasie, die tegniese aspekte van die skilderproses, en die artistieke opvattings en historiese konteks van die kunstenaar: Van Niekerk maak haarself en die kyker as ’t ware tot intieme toeskouers van dié twee skilders se stillewes. Uiteindelik verteenwoordig sowel die skilderye as die gedigte oomblikke van stille refleksie in roerige tye – die nederigste, kleinste objekte, soos wat hulle met toewyding verewig is deur Coorte en Mankes word in die gedigte versigtig herneem en insigtelik gemaak. Volgens wyle Henning Snyman is die bundels “’n poëtiese én grammatikale kragtoer, ’n verbysterende ervaring”, en ten slotte “’n ryke aanwins tot die Afrikaanse digkuns en kunsbeskouing”.
Die publikasie van hierdie twee bundels ekfrastiese verse is ’n sonderlinge gebeurtenis, en ’n merkwaardige toevoeging tot enige poësie- én kunsliefhebber se rak.
VERWANTE BOEKE
Oolog
Nathan Trantraal
Nou in infrarooi
Tom Dreyer
Bientang
Jolyn Phillips
Chinatown
Ronelda Kamfer
Vyf-en-veertig skemeraandsange
Breyten Breytenbach
Chokers en survivors
Nathan Trantraal
die na-dood
Breyten Breytenbach
Moerstaāl
Loit Sōls
Die singende hand
Breyten Breytenbach
Noudat slapende honde
Ronelda Kamfer
Soekenjin
Bibi Slippers
Ingrid Jonker: Versamelde gedigte
Ingrid Jonker
Ek en jy bestaan nie
Danie Marais
Brief op veertigduisend voet
Tom Dreyer
Die lewe is 'n asem lank
Frieda van den Heever, Frieda van den Heever
Pienk ceramic-hondjies
Ryan Pedro
Swatland
Ashwin Arendse
Fotostaatmasjien
Bibi Slippers
Mede-wete
Antjie Krog
Hammie
Ronelda Kamfer
Alles het niet kom wôd
Nathan Trantraal
Prins
Ryan Pedro
Waterman
Herman Wasserman
Kleur kom nooit alleen nie
Antjie Krog
'n Vry vrou
Antjie Krog, Karen de Wet
Die meeste sterre is lankal dood
Johann de Lange
Gesant van die mispels
Marlene van Niekerk
Vers en vlam
Jeanette Ferreira
Die stomme aarde: 'n keur
Wilma Stockenström
Steierwerk
Johan Myburg
om my kastele in Spanje te sloop
Jaco Barnard-Naudé
Katalekte
Breyten Breytenbach
Liefde en verset
André le Roux
Ko lat ons sing
Adam Small
Die maan is swart
Adam Small, Ronelda Kamfer
Kinderlê
Lynthia Julius
Plunder
Antjie Krog
Ontaard
Pieter Odendaal
Sheila Cussons: Versamelde gedigte
Sheila Cussons
Kaar
Marlene van Niekerk
Immigrant
Ena Jansen, Elisabeth Eybers
Môre en gistraand en die einde van die maand
Philip De Vos
Uit die kroes
Lynthia Julius
Rooiborsduif
Breyten Breytenbach, Charl-Pierre Naudé
Die ongedanste dans: Gevangenisgedigte 1976-1983
Breyten Breytenbach