For more information on COVID-19 and how to prevent infection, visit sacoronavirus.co.za.

BINNEKORT

Voorgestelde

{{ videoBlock.displayTitle }}

{{ videoBlock.displayTitle }}

SKRYWERS & ILLUSTREERDERS

Melinda Ferguson

Melinda Ferguson is die skrywer van die topverkoper trilogie oor verslawing: SmackedHooked and Crashed. Sy is ook ’n bekroonde en grensverskuiwende uitgewer en het in 2020 by NB-Uitgewers aangesluit onder haar eie druknaam, Melinda Ferguson Books.

Lees meer

Lucia Mthiyane

Lucia Mthiyane, aktrise, sangeres en kombuiskoningin, is al meer as tien jaar in die kosbedryf. Sy berei feeste met flair voor; haar kookklasse is baie gewild, en sy beoordeel gereeld kookkompetisies. Sy werk saam met groot handelsmerke en is tans ’n trotse ambassadeur van White Star, Aromat, Rajah, Sally Williams en Nola Mayonnaise.
Lees meer

Bronwyn Davids

Bronwyn Karen Davids het in Lansdowne gewoon tot sy 15 was. In 1976 is haar familie gedwing om na Mitchells Plain te verhuis. Sy het ’n diploma in joernalistiek aan die Skiereilandse Technikon verwerf (1989) en was tydens die laaste dae van apartheid ’n verslaggewer by The Argus en Cape Times. Sy werk tans vryskut.
Lees meer

Telita Snyckers

Telita Snyckers is 'n outeur en 'n belasting- en doeaneprokureur. Sy het nou saam met Pravin Gordhan en Ivan Pillay gewerk tydens haar ampstermyn by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID). Sy is toegelaat as prokureur van die Hooggeregshof en het 'n meestersgraad in Staatsreg sowel as diplomas in valutabeheer en die bekamping van geldwassery.
Lees meer

Lynthia Julius

Lynthia Julius is gebore op Springbok, het grootgeword in Kimberley en woon tans in Bloemfontein. Sy beskik oor ’n honneursgraad in filosofie aan die Universiteit van die Vrystaat. In 2018 is sy bekroon as die wenner in die Afrikaans-taalkategorie in die AVBOB-digkunskompetisie. Uit die Kroes is haar debuutbundel.
Lees meer

Anzil Kulsen

Anzil Kulsen is op Upington gebore en word in Keimoes groot. Sy verwerf ’n B Hons.-graad en sluit by die ATKV aan as projekbestuurder. Sy besoek afgeleë gemeenskappe om met mense oor boeke te gesels, bied kreatiewe skryfkursusse aan en doen spel- en narratiewe terapie. Sy is getroud met Heine, hulle het twee kinders en woon op Upington.
Lees meer

Charles Siboto

Charles Siboto het aan die Universiteit van Johannesburg studeer. Hy het vir vier jaar as 'n redakteur van kinder- en jeugliteratuur gewerk. Hy het onlangs na Duitsland verhuis saam met sy vrou, waar hy Engels gee en vryskut werk as redakteur, proefleser en skrywer. 
Lees meer

Sally Ann Partridge

Sally Partridge het die MER-prys vir Jeuglektuur reeds vir vier van haar romans ontvang en het ook 'n SALA-toekenning vir haar roman, Mine, in 2019. In 2011 is sy aangewys as een van Mail & Guardian se 200 uitnemende jong Suid-Afrikaners. Sy is ook deur IBBY Internasionaal erken vir haar skryfwerk. Sally woon en werk in Kaapstad. 
Lees meer

Frans Cronje

Frans Cronje is ’n scenario-beplanner en die uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge. Hy het sy scenarios oor Suid-Afrika se ekonomiese en politieke vooruitsigte al aan meer as ’n honderd maatskappye, regeringsdepartemente, buitelandse regerings en politieke partye voorgelê. Hy het ’n PhD in scenario-beplanning.
Lees meer

François Bloemhof

François Bloemhof is die skrywer van meer as 40 boeke vir die volwasse, tiener- en jeugmarkte. Hy is meermalig in elke kategorie bekroon. François is 'n vryskut-taalpraktisyn en woon in Durbanville.
Lees meer

Deon Meyer

Internasionaal bekende skrywer Deon Meyer woon op Stellenbosch. Sy publikasies sluit in twaalf misdaadromans (onder meer 13 Uur, 2008, Spoor, 2010, 7 Dae, 2011, Kobra, 2013, Ikarus, 2015, Koors, 2016, en Prooi, 2018). Orion, Proteus en Infanta is met die ATKV-prosaprys bekroon en Prooi met die ATKV-prys vir Spanningsfiksie.

Lees meer

Printed editions (2019 - 2020)

Literary prizes won (2019 - 2020)

International rights sold (2019 - 2020)

Books turned into film (2019 - 2020)