For more information on COVID-19 and how to prevent infection, visit sacoronavirus.co.za.

Jý is die kerk

Bou 'n Christus-gesentreerde gemeente

Francois Kruger

ISBN:

9780796316493

Epub ISBN:

9780796315762

Uitgewer:

Lux Verbi

Datum Vrygestel:

Augustus 2012

Prys (incl. VAT):

R 155,00

Formaat:

Sagteband, 224pp


Oor hierdie boek:

Die kerk is nie die gebou, die leiers, ’n stelsel, ’n denominasie of selfs ander mense nie. Dit is jy as gelowige. Francois Kruger, wat al baie jare in die bediening is, sê ons moenie meer vra: “Wat beteken die kerk vir my?” nie, maar: “Wat beteken ek vir Jesus?”. Ons moenie vra: “Watter diens lewer die kerk aan my?” nie, maar: “Hoe dien ek ander?” Met hierdie boek wil hy gelowiges help om Jesus-gesentreerde mense te wees, want dit is die enigste manier waarop ’n kerk ook Jesus-gesentreerd kan word. Dis sy gebed dat die Gees die boek sal gebruik om lesers se oë oop te maak om die wil van Christus kristalhelder in die Bybel raak te sien, om so die unieke dinamika van ’n Jesuskerk terug te bring.