For more information on COVID-19 and how to prevent infection, visit sacoronavirus.co.za.

Die sewe feeste

God se profetiese raadsplan vir redding en groei

Johan Malan

ISBN:

9780796316004

Epub ISBN:

9780796316011

Uitgewer:

Lux Verbi

Datum Vrygestel:

November 2012

Prys (incl. VAT):

R 150,00

Formaat:

Sagteband, 200pp


Oor hierdie boek:

Min mense weet wat die sewe feeste is waarvan daar in Levítikus 23 gepraat word. Ons weet van paasfees en pinkster, en ons het dalk al van die loofhuttefees gehoor. Maar wat is dit werklik en waarna verwys dit? In Die sewe feeste verduidelik Johan Malan wat hierdie feeste is asook watter belang dit vir elke gelowige inhou. Die sewe feeste was nie net vir Israel belangrik nie, maar het betekenis vir elkeen van ons. Want hierdie sewe feeste hou verband met sewe profesieë waarvan vier reeds vervul is, onder meer toe Jesus Christus gesterf het en opgestaan het uit die dood. Dit hou dus verband met Jesus Christus en die verlossing wat Hy vir ons bewerkstellig het. Die Ou Testament bevat die profesie, en die Nuwe Testament die vervulling. Dis ’n boek wat elke Christen behoort te lees, want dit sal ’n verdieping in hul geloof meebring, ’n beter verstaan van iets wat so ’n prominente deel van ons geloof uitmaak.