For more information on COVID-19 and how to prevent infection, visit sacoronavirus.co.za.

As die Cape Flats kon praat

Green Eyes en ander stories

Brian Fredericks

ISBN:

9780798180917

Epub ISBN:

9780798180924

Uitgewer:

Human & Rousseau

Datum Vrygestel:

Junie 2020

Prys (incl. VAT):

R 245,00

Formaat:

Sagteband, 228pp


Oor hierdie boek:

Brian Fredericks, ’n aangrypende nuwe stem, skryf met nege kortverhale ’n wêreld oop in die Cape Flats. Hy werp lig op ’n komplekse wêreld waar die grens tussen reg en verkeerd heeltyd verskuiwe, maar bowenal het hy ’n sonderlinge insig in die feilbaarheid maar ook die broosheid van menswees. Karakters kry lewe op papier, en maak jou opnuut kyk na die wêreld om jou en in jou. Met dié bundel kortverhale vestig Fredericks hom as baanbreker in die Afrikaanse kortkuns.

 

Lesers sê

"As djy dink dat boeke oorie Kaapse Vlakte gewoonlik net gat maak vannie skiem, dan sal Brian Fredericks vi jou lat wee dink. Die skrywer sugarcoat niks, maa sprinkel net genoeg klappe oo alles ommie hâtsee dinge met ’n bietjie hoep te balance. As die Cape Flats kon praat, wil ek hê Brian moetie mic hou."

- Vannie Kaap