For more information on COVID-19 and how to prevent infection, visit sacoronavirus.co.za.

Skooluitgawe: Die aand van die fynproewer

AS van Straten, Hettie van Zyl

ISBN:

9780798179881

Epub ISBN:

9780798179898

Uitgewer:

Human & Rousseau

Datum Vrygestel:

April 2022

Prys (incl. VAT):

R 130,00

Formaat:

Sagteband, 128pp


Oor hierdie boek:

“. . . Ek is ’n gesondheidsinspekteur met ’n anderste benadering. Ek is ’n fynproewer wat standaarde probeer verhoog. Ek is ’n aktiveerder van idiome . . . Ek is ’n akteur. ’n Dramaturg. ’n Regisseur . . . Iets agter die skerms.”  
 
'n Boeiende drama oor 'n man wat deur sy vrou verstoot is. Hy neem wraak deur homself voor te gee as die nuwe eienaar van die restaurant wat aan sy vrou se minnaar behoort. Wanneer die regte eienaar opdaag word die bordjies egter verhang. En die ware redes vir dié fynproewer se besoek word soos vuil wasgoed ontbloot.

'n Splinternuwe skooluitgawe, gemik op Afrikaans Huistaal Graad 10, met 'n volledige leesgids geskryf deur Sonia du Plessis en Hettie van Zyl.
   
Die aand van die fynproewer is in 1993 vir die Rapportprys benoem. 

“Dis min dat mens ’n toneelstuk beleef wat deurgaans boei en verras en dan nog op mooi Afrikaans is. Die aand van die fynproewer is teater uit die boonste rakke.” – Laetitia Pople, Beeld