For more information on COVID-19 and how to prevent infection, visit sacoronavirus.co.za.

Red Dog

A Frontier Novel

Willem Anker, Michiel Heyns

ISBN:

9780795708510

Epub ISBN:

9780795708527

Uitgewer:

Kwela

Datum Vrygestel:

Oktober 2018

Prys (incl. VAT):

R 335,00

Formaat:

Sagteband, 432pp


Oor hierdie boek:

Coenraad de Buys was die gevaarlikste man in die Kolonie van die laat 1700’s. 
Op agt steek hy sy eerste grens oor en verlaat sy ouerhuis. Huis-uit, Kaap-uit, beskawing-uit. Uiteindelik wêrelduit. 
Van die Langkloof af swerf Buys – oftewel Koning van die Basters, veelwywer, rampokker, swendelaar, voëlvry-verklaarde, pes van die regering. Oral verwek hy kinders; oral sluit rowers en weglopers by hom aan – ’n ganske Buysvolk. Hy tolk tussen Brit en Xhosa maar praat nét sy eie woorde. 
En oral op sy drosterpad is daar die honde, altyd die honde en die af-oor gedierte wat Buys se jeukvoete op die pad gesit het. Op Buys se spoor, in sy kop, om sy kampvuur draai die kwylende bekke rond.
Hy is gebore in die Langkloof. Hy sterf teen die oewer van die Limpopo. Maar Buys is nie dood nie.
Red Dog is ’n roman oor grense en oor grond. In 2014 is die Afrikaanse uitgawe Buys met al wat prys is bekroon. Nou is dit meesterlik vertaal deur Michiel Heyns.