For more information on COVID-19 and how to prevent infection, visit sacoronavirus.co.za.

Die antie met die pienk rok en ander stories

Jan Spies

ISBN:

9780624089513

Epub ISBN:

9780624089520

Uitgewer:

Tafelberg

Datum Vrygestel:

Maart 2020

Prys (incl. VAT):

R 230,00

Formaat:

Sagteband, 160pp


Oor hierdie boek:

Daar is min mense wat ’n storie soos Jan Spies kan vertel. Die antie met die pienk rok en ander stories is ’n keur uit sy humoristiese vertellings in Pilatus tot molshoop, Poort deur die koue, Profeet met kondensmelk en Pille vir servette. Maak opnuut kennis met onvergeetlike karakters soos Maans Maanse, sersant Jônie Louw en pater Hoeflies wat ietsie neem vir die koue in ’n poort naby Kenhardt, Orrelkosie wat ’n halwe dag neem om te verduidelik hoe om ’n pil in ’n hoender se keel af te kry, Hábakuk en sy blik kondensmelk en die leerlingverpleegstertjie wat ’n plan bedink om die oumense se valstande skoon te maak.

Die antie met die pienk rok en ander stories sluit onder meer die volgende ou gunstelinge in:

’n Poort deur die koue
Die dinges is ’n watsem
Waaksaam op die vlug
Maans Maanse en die muil
’n Emmer tanne vir ’n hospitaal holbekke
Hábakuk met ’n blik kondensmelk
’n Bek vol tanne
Van Duiwel Pontius na Dominee Pilatus
Moeilike medisyne
’n Deeglike probleem

eBook Platforms:
Snapplify
Takealot
Kobo