For more information on COVID-19 and how to prevent infection, visit sacoronavirus.co.za.

Brandwaterkom

Alexander Strachan

ISBN:

9780624073369

Epub ISBN:

9780624073376

Uitgewer:

Tafelberg

Datum Vrygestel:

Junie 2015

Prys (incl. VAT):

R 330,00

Formaat:

Sagteband, 352pp


Oor hierdie boek:

Esther van Emmenes het nie die bakkie hoor stilhou nie. Sy loop heeltemal ingedagte tussen die ou grafstene in die Fouriesburgse begraafplaas rond. Soekend. Dit is trouens waarom sy op dié Vrystaatse dorpie kom woon het, om haar soektog te vergemaklik, om naby die bronne vir haar navorsing te wees. Sy wou veral naby die Brandwaterkom wees, omdat dit is waar die onderwerp van haar studie, kommandant Fanie Vilonel, se verraderlike optrede gedurende die Anglo-Boereoorlog daartoe gelei het dat meer as vierduisend Boerekrygers oorgegee het. Maar selfs hier waar sy hier in die verwaarloosde begraafplaas rondsoek, is sy bewus daarvan dat haar navorsing die afgelope ruk onvoorsiene dimensies bygekry het, hoogs persoonlike dimensies. Vilonel se lewensverhaal dreig om haar lewe te oorwoeker. Sy koue hartstog. Sy verraad. Maar dan hoor Esther die bakkiedeur klap en kyk verskrik om. Deur die hek van die begraafplaas kom ’n man aangeloop. ’n Onbekende man. Hy steek sy hand na haar uit en sê sy naam in Bullet. Hy sê hy wil haar iets wys wat vir haar navorsing baie sal beteken.

Voor die oorlog was kommandant S.G. Vilonel ’n charismatiese prokureur op Senekel; op die slagveld was hy een van die dodelikste skuts wat nog in aksie gesien is. Hy word egter veral onthou om sy verraad in die winter van 1900 en sy aktiewe deelname aan die oorlog teen sy eie mense.

Alexander Strachan se Brandwaterkom is ’n dubbelloop-roman: Dit is enersyds ’n aangrypende, bloedstollende verhaal oor die lewe van een van die berugste Boereoffisiere, andersyds is dit ’n boeiende ondersoek na die verleidelike, soms selfs verraderlike manier waarop verhale van ons besit neem en ons verbeelding op loop jaag.  Met verbluffende vernuf trek Strachan albei snellers van die roman gelyk af.

VERWANTE BOEKE

’n Soort van bevryde vrou

Kristel Loots

Die Generaal

Hans Pienaar

Slagoffer

François Smuts

Bruidzilla

Marion Erskine

Op soek na Tretchikoff

Anita du Preez

Klapperhaar slaap nie stil nie

Kirby Van der Merwe

Tweegevreet

Zirk van den Berg

Somtotaal

Anchien Troskie

Hond se gedagte

Kerneels Breytenbach

Merk

Rudie van Rensburg

Hans gee Herklaas horings

Rudie van Rensburg

Middernag

Sidney Gilroy

Die verevrou

Jan van Tonder

Skag

Jaco Wolmarans

Die versoeking van Thomas Maas

Chris Karsten

Sewe-en-veertig

Irma Venter

Die kinders van Spookwerwe

Lize Albertyn-du Toit

Kinnes

Chase Rhys

Stille waters

Juanita Aggenbach

Skepsel

Willem Anker

Vergeet my nie

François Bloemhof

Die wolkversamelaars

Nadia de Kock

Sondes van die vaders

François Bloemhof

Draairivier

Engela Ovies

Mooier as Marilyn

Anita du Preez

Die boek van gelukkige eindes

Debbie Loots

Skadukant

Rika Cloete

Sewe dae by die Silbersteins

Etienne Leroux

Donkerdrif

Deon Meyer

Weerlose meganika

Anton Roodt

Rooiborslaksman

Marinda van Zyl

Die ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey

Charl-Pierre Naudé

Die dekonstruksie van Retta Blom

Zelda Bezuidenhout

Anderman se vrou

Chris Karsten

Medusa

Rudie van Rensburg

Vloek

Rudie van Rensburg

Bos

Jaco Wolmarans

Sondes van die vaders

Lerina Erasmus

Die uur van die engel

Karel Schoeman

Man uit die dode

Chris Karsten

Die kleinste ramp denkbaar

Francois Smith

Die biblioteek aan die einde van die wêreld

Etienne van Heerden

Gedeeltelik bewolk

Ruan Kemp

Prooi

Deon Meyer

My naam is Prins, ek slaap met die lig aan

Christine Barkhuizen-le Roux

Nadraai

Jaco Kirsten

Aanspreeklikheid

Jaco Fouché

Die kind uit die wingerd

Helene de Kock

Klikbek

Sidney Gilroy

Ek wens, ek wens

Zirk van den Berg