For more information on COVID-19 and how to prevent infection, visit sacoronavirus.co.za.

Boerekryger

'n Seun se hoogste offer

Albert Blake

ISBN:

9780624053439

Epub ISBN:

9780624053446

Uitgewer:

Tafelberg

Datum Vrygestel:

Junie 2012

Prys (incl. VAT):

R 315,00

Formaat:

Sagteband, 272pp


Oor hierdie boek:

Die voorheen ongepubliseerde dagboeke van die 17-jarige Henning Viljoen,’n agterkleinseun van Piet Retief, bied 'n aangrypende blik op die Anglo-Boereoorlog deur die oë van 'n seun op die rand van volwassenheid. Vir meer as twee jaar beskryf hy die lewe op kommando voordat hy op die slagveld in sy pa se arms sterf. Die jong Henning se eerlike, lewendige beskrywings bied ’n unieke perspektief op die oorlog in reguit en ongekunstelde taal. Hy vertel van swaarkry en verliese, asook sy skok oor fusillerings. By een geleentheid moes hy toekyk hoe twee swart mans – eens sy speelmaats – tereggestel word. Daar is ook ligter oomblikke wanneer hy mooi jong Boeremeisies ontmoet. Sy dagboeke verklap ook baie van die bittereinderpsige. Uit sy inskrywings blyk dit duidelik waarom 'n handjievol Afrikaners bly voortveg het toe ander gedink het die stryd is reeds verlore. Verwerk deur die skrywer van die topverkoper Boereverraaier: Teregstellings tydens die Anglo-Boereoorlog.