For more information on COVID-19 and how to prevent infection, visit sacoronavirus.co.za.

'n Wonderlike geweld

Elsa Joubert

Uitgewer:

Tafelberg

Datum Vrygestel:

November 2005

Prys (incl. VAT):

R 370,00

Formaat:


Oor hierdie boek:

Die eerste volume van die outobiografie van Elsa Joubert, een van die mees gerekende skrywers in Afrikaans. Die outobiografie dek die eerste 25 jaar van Joubert se lewe, haar grootwordjare in die Paarl, haar skooljare, studentejare aan die universiteite van Stellenbosch en Kaapstad, eerste onderwysposte en haar slyping in die joernalistiek. Dit is 'n outobiografie wat met verstommende detail 'n beeld bied van 'n bepaalde era in die land se geskiedenis, maar ook van die wording van 'n skrywer. Joubert deins nie terug van omstrede kwessies nie, en onder meer kom haar betrokkenheid by die Ossewabrandwag aan bod. Maar die vernaamste beeld is die van 'n skrywer wat as kind reeds die drang na woorde ervaar, wat in die onstuimige tyd na die Tweede Wêreldoorlog te midde van klomp invloede haar onafhanklike stem as skrywer probeer vind.