For more information on COVID-19 and how to prevent infection, visit sacoronavirus.co.za.

Die rebellie van Lafras Verwey

Chris Barnard

ISBN:

9780624017592

Uitgewer:

Tafelberg

Datum Vrygestel:

Februarie 2014

Prys (incl. VAT):

R 170,00

Formaat:

Sagteband, 64pp


Oor hierdie boek:

SAUK/BRT-prys vir Hoorspele (1970)
SAUK Akademieprys vir Hoorspele (1973)
Idemprys vir Radiohoorspele (1980)


Chris Barnard se bekroonde hoorspel gaan oor Lafras Verwey, 'n klerk in die staatsdiens. Sy baas roep hom gedurig in. Sy kollegas treiter hom. Almal wat hom ken, dink hy's 'n opperste sukkelaar. Maar wat hulle nie weet nie, is dat hy een van die geheime agente van die revolusie is. Soos hy aan Petra verduidelik: "Ons gaan alles afmaai. Al die grootmenere. Al die ekstra spesiale kokkedore wat die wette gemaak het; al die ringkoppe wat op ons gewone ouens trap en die wêreld se geld onder hulle vet basse muf broei. Terwyl ons ouens wat die vuil werk doen in losieshuise moet bly. En met trapfietse moet kom waar ons wil wees - ons gaan die wêreld weer maak soos hy was - toe elke ou nog 'n kans gehad het."