For more information on COVID-19 and how to prevent infection, visit sacoronavirus.co.za.

SPLINTERNUUT

BINNEKORT

Voorgestelde

{{ videoBlock.displayTitle }}

{{ videoBlock.displayTitle }}

SKRYWERS & ILLUSTREERDERS

Leah Sefor

Leah Sefor is Suid-Afrika se gunsteling-lewensafrigter en -raadgewer oor verhoudings. Talle kykers na programme soos Real Health, The Bachelor SA en The Single Wives Club SA het hulle al in haar pront advies verlustig. Sy is bekend as ’n lewensafrigter wat nie doekies omdraai nie en fokus op wat werklik en realisties is.
Lees meer

Mphuthumi Ntabeni

Mphuthumi Ntabeni woon in Kaapstad waar hy 'n politieke kommentator en skrywer is. Sy debuutroman, The Broken River Tent, het die Universiteit van Johannesburg-debuutprys in 2019 gewen. 
Lees meer

Elrien Scheepers

Elrien Scheepers is in 1962 op Middelburg gebore en woon tans in Pretoria. Sy is ’n dosent in veeartsenykunde aan die Universiteit van Pretoria. Haar eerste gedig, “Ek droom oor jou”, verskyn in 2010 in Toulopers. Daarna volg verskeie gedigte en kortverhale in skoleleesboeke en ook in die kortverhaalbundel Skool is’n riller
Lees meer

Johan Fourie

Johan Fourie is ’n professor in ekonomie aan die Universiteit Stellenbosch. Hy is ook ’n blogger en ’n rubriekskrywer vir Finweek en Rapport. Sy grootste wens is om in ’n Nobel-lesing aangehaal te word, verkieslik deur een van sy studente.
Lees meer

Ivan Johnson

Ivan Johnson is ’n veteraan van die advertensiebedryf en was sewe jaar lank uitvoerende skeppende direkteur van die bekroonde BBDO. Hy is die eerste Suid-Afrikaner wat genooi is om as jurielid vir die internasionale Cannes Leeus-advertensietoekennings op te tree, en is ook ’n begaafde illustreerder. Hy woon in Kaapstad.
Lees meer

Rudie van Rensburg

Rudie van Rensburg woon in Kaapstad en het al tien uiters gewilde spanningsverhale geskryf: Slagyster, Kopskoot, Judaskus, Pirana, Kamikaze, Ys, Medusa, Vloek, Merk en Hartedief, en die topverkopende komiese romans Hans steek die Rubicon oor en Hans gee Herklaas horings. Kamikaze was die 2018-wenner van die ATKV Woordveertjie vir Spanningsfiksie.
Lees meer

Marita van der Vyver

Marita van der Vyver het drie romans vir jonger lesers geskryf voor haar eerste volwasse roman, Griet skryf ’n sprokie, die literêre landskap verander het. Sedertdien is sy ’n voltydse skrywer met vele topverkopers agter haar naam, soos ​Dis koue kos, skat​, ​Die dinge van 'n kind ​en ​Griet kom weer. Sy woon in Frankryk.
Lees meer

Jaco Fouché

Jaco Fouché se debuut, Die ryk van die rawe, is in 1997 met die Eugène Marais-prys bekroon. Daarna verskyn verskeie romans uit sy pen. Verstevlei het die derde prys verower in NB-Uitgewers se Groot Afrikaanse Romanwedstryd in 2012, en Aanspreeklikheid was naaswenner in 2018.  Met Simoelégri verower hy die eerste prys in 2021. Hy woon op Hermanus.
Lees meer

Ingrid Winterbach

Ingrid Winterbach is ’n veel-bekroonde skrywer. Sy het al meermale die Hertzogprys, die M-Net-prys en die UJ-prys ontvang. Winterbach se romans het al in Nederland, Frankryk en Amerika verskyn. Sy woon op Stellenbosch en is ook ’n beeldende kunstenaar.
Lees meer

Deon Meyer

Internasionaal bekende skrywer Deon Meyer woon op Stellenbosch. Sy publikasies sluit in twaalf misdaadromans (onder meer 13 Uur, 2008, Spoor, 2010, 7 Dae, 2011, Kobra, 2013, Ikarus, 2015, Koors, 2016, en Prooi, 2018). Orion, Proteus en Infanta is met die ATKV-prosaprys bekroon en Prooi met die ATKV-prys vir Spanningsfiksie.

Lees meer

Printed editions (2020 - 2021)

Literary prizes won (2020 - 2021)

International rights sold (2020 - 2021)

Books turned into film (2020 - 2021)