For more information on COVID-19 and how to prevent infection, visit sacoronavirus.co.za.

SPLINTERNUUT

BINNEKORT

Voorgestelde

{{ videoBlock.displayTitle }}

{{ videoBlock.displayTitle }}

SKRYWERS & ILLUSTREERDERS

Theo Vorster

Theo Vorster is medestigter en uitvoerende hoof van Galileo Capital. Hy is ’n gereelde markkommentator op RSG se Geldsake-program, en 'n bekende gesig op kykNET en VIA waar hy dikwels as ontleder optree. Hy skryf rubrieke vir Netwerk24.com en is ook die aanbieder van Sake & SauvignonTheo, Anneke en hul dogter Mia woon in Johannesburg.
Lees meer

Fatima Sydow

Fatima is 'n ervare huiskok en baie gewild vir haar spyseniering. Haar daaglikse Facebook inskrywings word verslind deur huiskokkie en kosliefhebbers regoor die wêreld. Sy en haar suster Gadija is die aanbieders van die gewilde kosprogram, Kaap, kerrie en koesisters op DSTV, kanaal 147.
Lees meer

Cecilia Steyn

Cecilia Steyn is sedert 2017 voltyds skrywer. Sy het reeds verskeie gewilde jeugboeke die lig laat sien, o.m. Tienerharte 3: Hartedief en PresiesAnders 1, waarvoor sy elk ’n ATKV-Woordveertjie gewen het. Sy en haar man woon in Orkney. 
Lees meer

Rudie van Rensburg

Rudie van Rensburg woon in Kaapstad en het al nege uiters gewilde spanningsverhale geskryf: Slagyster, Kopskoot, Judaskus, Pirana, Kamikaze, Ys, Medusa, Vloek en Merk, en die komiese romans Hans steek die Rubicon oor en Hans gee Herklaas horings. Kamikaze was die 2018-wenner van die ATKV Woordveertjie vir Spanningsfiksie.
Lees meer

Marita van der Vyver

Marita van der Vyver het drie romans vir jonger lesers geskryf voor haar eerste volwasse roman, Griet skryf ’n sprokie, die literêre landskap verander het. Sedertdien is sy ’n voltydse skrywer met vele topverkopers agter haar naam, soos ​Dis koue kos, skat​, ​Die dinge van 'n kind ​en ​Griet kom weer. Sy woon in Frankryk.
Lees meer

François Bloemhof

François Bloemhof is die skrywer van meer as 40 boeke vir die volwasse, tiener- en jeugmarkte. Hy is meermalig in elke kategorie bekroon. François is 'n vryskut-taalpraktisyn en woon in Durbanville.
Lees meer

Deon Meyer

Internasionaal bekende skrywer Deon Meyer woon op Stellenbosch. Sy publikasies sluit in twaalf misdaadromans (onder meer 13 Uur, 2008, Spoor, 2010, 7 Dae, 2011, Kobra, 2013, Ikarus, 2015, Koors, 2016, en Prooi, 2018). Orion, Proteus en Infanta is met die ATKV-prosaprys bekroon en Prooi met die ATKV-prys vir Spanningsfiksie.

Lees meer

Printed editions (2019 - 2020)

Literary prizes won (2019 - 2020)

International rights sold (2019 - 2020)

Books turned into film (2019 - 2020)