For more information on COVID-19 and how to prevent infection, visit sacoronavirus.co.za.

Vlis met vlerke

Annemari Coetser

ISBN:

9780624048435

Epub ISBN:

9780624051022

Publisher:

Tafelberg

Date Released:

February 2014

Price (incl. VAT):

R 130.00

Format:

Soft cover, 144pp


About this book:

“Vlis” is die woord wat die 12-jarige Andine en haar au pair uitgedink het vir iemand wat “nog vis nog vlees” is – soos Andine, op daardie tusseninstadium tussen dogtertjie en jong meisie/vrou. Andine en haar boetie, Zander, is rykmanskinders wie se ouers oorsee gaan en hulle onder die au pair se toesig los. Maar dan word die au pair se tannie siek en gaan sy na die kleinhoewe of “plot” waar hulle woon om te help, en sy neem die kinders saam. Andine is eers vies want sy hou nie van die afgeleefde ou huis of die vervelige daaglikse take op die “plot” nie; sy sal veel eerder saam met haar vriendinne shop en fliek en in die malls uithang. Maar tot haar verbasing begin sy dit gaandeweg geniet. Aan avontuur ontbreek haar lewe ook nie.