- Niefiksie
- Reis
Die binneland in
Nog stories en reise
Dana Snyman
ISBN:
9780624094517
Epub ISBN:
9780624094524
Uitgewer:
Tafelberg
Datum Vrygestel:
Julie 2023
Prys (incl. VAT):
R 210,00
Formaat:
Sagteband, 288pp
Oor hierdie boek:
Dana Snyman is volksbesit. Met Die binneland in verken dié geliefde skrywer ons land en sy mense vandag. Dana reis landin, op soek na sekerheid en lig. Hy rou oor dié wat weggeval het, soos die ikoniese Fred Mouton. Hy gesels met Pipo die clown, die karwag wat Adriaan Vlok onthou en oom Bok Horn wat ’n leeu uitoorlê het. In die nadraai van die pandemie, met beurtkrag, oorlog in Oekraïne en die politiek, begin mense moed opgee, ook oor hulself. Maar Dana vind hoop, liefde – en geloof.