NB Publishers


Sign up for our newsletter!

About this book

Plaasmoord | Crime & Thriller

Karin Brynard

Human & Rousseau

UJ Debut Prize for Creative Writing (2010)
M-Net Film Award (2010)


Inspector Albertus Beeslaar has had enough of the brutality of crime in murder capital Johannesburg. He hopes to find peace and quiet in a small town on the outskirts of the Great Kalahari. But his hopes are shattered by the gruesome double murder on a farm. And soon Beeslaar has much more to deal with than a “simple farm murder”, beginning with a ruthless stock theft syndicate, African black magic, an ancient land claim that fuels the already explosive political climate in which a white supremacist vigilante group is thriving.

The violence soon escalates beyond control. And what to make of the secret messages hidden in the paintings of the murder victim?

 


Moord op Huilwater

 

Reviews

+ More Reviews

Die Burger
Wium van Zyl

26/07/2010

“Geld. (…) En mag. Die klinkende metaal en die ­luidende simbaal. Maar die ­grootste hiervan is die begeerte. Die begeerte vir méér”.

Aforismes soos hierdie in die monde van uitverkore figure is een van die elemente wat Karin ­Brynard se Plaasmoord tot ’n ­literêre spanningsverhaal uitlig.

Hierby sluit die betreklike goed verwerkte navorsing aan oor ­etlike onderwerpe, ’n bewuste ­omgang met die taal, die skep van stemming en die opbou en inspan van ’n ver­skei­denheid interes­sante en soms verwikkelde karakters. Dit word natuurlik verbind met ’n bloedige speurprobleem, ’n gruwelike plaas­moord, en vol­gehoue spanning op ’n woestynpad na die ­uiteindelike onthullings.

Alles begin met nuus van die moord op ’n Noord-Kaapse plaas, Huilwater, met as slagoffers die mooi, fyngeestige kunstenaar Freddie Swarts en haar Griekwa-aanneemkind, Klara. Inspekteur Beeslaar en sy twee onhandige leerlinge, sersante Pyl en Ghaap vat die spoor. Oor hul skouers loer ’n streng superintendent Mogale wat op ’n stadium selfs vir ­Beeslaar vervang deur inspekteur Lobatse en só die ondersoek tot die punt van rampspoed dryf.

Sake word vroeg al vererger deur die koms van Saar, Freddie se ewe mooi suster, wat eweneens spore soek, maar al gou blyk self in gevaar te verkeer. Verskeie dubbel­sinnige figure wat óf ­verdagtes óf helpers kan wees, bevolk die roman. Hieronder tel die uiters moderne San-man Adam de Kok, maar ook die Gautengse sakevrou Nelmari en die “boere-weergawe van die Camel-man”, Boet ­Pretorius.

Beeslaar, ’n Randse speurder uit die ou skool, is volkome uit sy ­diepte in hierdie woestynkontrei met sy anderste mense. Die teks is besaai met sinonieme vir sy ­frustrasie met die hitte, sy ­kollegas, die gebrekkige hulp­bronne en nog meer. Hy dra ­terselfdertyd swaar aan ’n verlede en moet telkens gryp na voor­geskrewe medisyne sowel as drank om aan die gang te bly. Die uit­daging is dus nie slegs die ­ingewikkelde ondersoek nie, maar ook sy eie psige. Dit is ’n pluspunt vir die roman dat eers­genoemde wel opgelos word, maar laas­genoemde ten slotte voortduur.

Saar is die ander waarnemer. Sy het nie slegs te kampe met die ­trauma van verlies nie, maar ook met ’n onverwerkte verlede en skuldgevoelens. Anders as by die speurder val die oplossing saam met ’n moontlike positiewe ­wending in haar lewe, veral af te lei uit ’n “salige” sekservaring. Dit is jammer dat sy psigologies ­metter­tyd vervaag.

Adam de Kok, ’n Westers verfynde man wat probeer teruggryp na sy San-wortels, is ’n interessante by-figuur wat helaas ook nie ­heeltemal tot sy reg kom nie. Sy ­uiteindelike optrede klop byvoorbeeld beswaarlik met dié van ’n koelkop natuurkenner.

Die skrywer sorg vir ’n uit­stekende ewewig tussen erns en komiese elemente. Een van die ­juweeltjies is die beskrywing van die forensiese kundige: “Weer die onaardse glimlag – maar dan besef Beeslaar dis nie ’n glimlag nie, dis bloot die man se manier om sy swaar brilglase bo te hou deur sy wange te bol”.

Terselfdertyd word die taalmoontlikhede ontgin wat die Noord-Kaap bied. Vergelyk maar mevrou Johanna Beesvel se ­verklaring in Oranjerivier-Afrikaans: “Dit kan nie een van ônse mense gewees het nie, hoor? Lammer-goed en Dawid-goed was goed geversôre. Hulle word goed gepataal en hulle het hul eie skaapietjies wat hulle op Huilwater mag lôôp. Hulle het nie verkeerdgeit nie”. Maar ook die tannie Yvonne se ­neutraler dialoog dui op ’n skrywer met ’n fyn oor: “My ou hartjie, jy moet nou sterk wees. Tannie het bitter ­slegte nuus” . . . Dit word aangevul met verrassende ­terme soos “windpomp-sjampanje” vir brakwater. Een van die ­tekens dat Beeslaar begin aanpas, is juis wanneer hy tot sy eie verbasing van “ma-goed” ­begin praat!

Dit is daarom vir my jammer dat die vertellersteks soms krimpsiek vertoon, vergelyk “een van die meer grusame ­tonele”, “die drol met wie sy tot ­onlangs betrokke was”, “Viljoen haarself”, ensovoorts.

Net soos in onder meer Chris Moolman se romans van ’n paar jaar gelede word die spanning ­verhewig deur digby die hedendaagse aktualiteit te hou: die ­sensitiwiteit oor grondeise, die skewe rasseteologie van sommige regses, die soms ongemaklike ­posisie van gekleurde Afrikaanssprekendes teenoor oormoedige swart base, die steeds onaan­gespreekte koloniale onreg teenoor die Griekwas. Die uitstekende ­beskrywingskuns en oproep van stemming herinner sterk aan die werk van Etienne van Heerden en Deon Meyer, na my gevoel selfs te sterk. Die een groot swakheid is vir my dat die kern van die intrige ­uiteindelik heel ­ouderwets blyk te wees, ’n gegewe wat ­Hendrik Brand en ná hom ook slapbandskrywers soos Braam le Roux reeds uit­geput het.

Hiermee wil ek ­egter nie afbreuk doen aan die werklik heerlike leeservaring nie. Dit is ’n intelligente werk en soos ­Deon Meyer op die omslag noem inderdaad “broeiend, boeiend”. Ek gaan in spanning wag op Karin Brynard se volgende boek.

HUMAN & ROUSSEAU, KAAPSTAD. (SAGTEBAND, 510 BLADSYE, ISBN 9780798151160.)

Wium van Zyl is verbonde aan die ­departement Afrikaans en Nederlands van die universiteit van Wes-Kaapland.

Buy this book

Available at:

Price:


More information

Plaasmoord | Crime & Thriller


Author: Karin Brynard
Category: Crime & Thriller
ISBN: 9780798151160
Date Released: 03 October 2009
Price (incl. VAT): R 330.00
Format: Soft cover, 512pp

About this author

Karin Brynard


Karin Brynard is a journalist who has earned her stripes in the burning streets of Soweto during the Freedom Struggle of the eighties. As political...

Read more...