NB Publishers


Sign up for our newsletter!

About this book

Marike se laaste dans | General Fiction

Deborah Steinmair

Human & Rousseau

Winner of the Jan Rabie Rapport Prize for a debut or early work 2011

The main character and narrator, Maud, has had a very active imagination ever since she was a child.

One day Marike de Klerk, former first lady of South Africa, appears to Maud at an intersection, and this is the start of a brief but magical friendship.

It seems that seven years after Marike has been murdered she is still in the Waiting Room, and there is a matter she needs to address before she can move on. Interwoven with her meetings with Marike, Maud tells about her real life: motherhood, her relationships and loves.

Reviews

+ More Reviews

Die Burger
Thys Human

24/05/2010

Moenie dat die kinderlike ­eenvoud van die band­illustrasie, die Arthur Murray-verwagtinge wat die titel kan skep, of die feit dat Marike de Klerk, voormalige presidentsvrou, een van die hoofkarakters is jou flous nie.

Deborah Steinmair se debuutroman, Marike se laaste dans, is ’n onvoorspelbare, selfs ­onthutsende, verbeeldingsvlug met ’n vlymskerp snykant. Reeds teen die derde hoofstuk het al my vooropgestelde idees soos mis in die stadskom begin verdwyn. Selfs lesers wat min in die eerste mevrou De Klerk belang gestel het, ­behoort Steinmair se doel­bewuste fiksio­nalisering van dié historiese ­figuur intri­gerend te vind.

Die ek-verteller in die roman is Maud Grobler, geseën ­(gestraf?) met ’n besonder ­vrug­bare verbeelding en “die ­gewoonte om alles te verwoord, uit te pluis en te kommunikeer”. Op ’nwindverwaaide dag in 2008 sien Maud vir ­Marike by die verkeerslig naby haar woonstel staan.

Maud trek met skreeuende bande van die pad af en bied ­Marike ’n geleentheid aan. Met haar voete in skitterwit seilskoene, ’n kenmerkende frons teen die laatmiddagson en ’n ­giftig ­gekleurde sigaretjie in die hand begeef sy haar gewillig op ’n reis waartydens Maud om die beurt die rol van taxibestuurder, sielkundige, klankbord en begeleier speel.

Teenoor Maud beken Marike haar spesmaas dat hunkering, hartseer en ’n gevoel van ongedane sake haar gelanseer het. Haar dringendste wens is om haar moordenaar,Luyanda Mboniswa, in die tronk te besoek en hóm om vergifnis te vra!
Die roman bestaan uit 50 kort hoofstukke waarin Maud en Marike se wedervaringe in die hede op byna reëlmatige wyse met Maud se herinne­ringe aan en drome oor die ­verlede ­afgewissel word.

Mettertyd ­besef Maud dat ook sý ankerloos ­dobber tussen minnaars, ­moederskap en betrekkings: “Ek slaap deur die dae, met oop oë. Lig en sonder my kinders ­verhuis ek gedurig, word af­gedank maar kry nie ’n vastrapplek in die Moederstad nie. Mense op wie ek verlief raak, kies gereeld iemand anders”.

Aan die hand van haar (psigiese) ontmoetings en droom­gesprekke met Marike kry Maud die geleentheid om onder die oppervlak van haar bewussyn in te kyk en die “versteende fossiele” wat daar skuil­hou met ’n innerlike oog te takseer: Daar is ­byvoorbeeld haar neef, ’n hakkelendebleeksiel in die buite­kamer, wat haar as vierjarige gemolesteer het; haar eksman, die flink Oostenryker, wat haar hart soos ’n vinknes verinneweer het; die sexy skrywer wat haar huis én hart gedeel het; en Senor Centurion de Aquino, ’n hartstog­telike Suid-Amerikaner, wat sy in die laat negentigs in ’n fabriek in Brits ontmoet het en met wie sy ’n paar jaar lank ’n trans­kontinentale (en tantriese) ­verhouding aangeknoop het.
Die naam-epiteta wat telkens gebruik word – “die mediese ­student”, “die verkeerdeveer-skrywer”, “die melankoliese Suid-Amerikaner” – herinner sterk aan die naamgewing in Etienne Leroux se 18-44.

Marike wys egter vir Maud dat sy, anders as mnr. Y in ­Leroux se roman, nie haar ­waarde “as versoener, as windmakerige aap van God” durf oorskat nie: “Besef jy is nie die ­middelpunt van die heelal nie. Gee ’n kniebuiging in die rigting van die toeval. Ontspan die ­boude.” Diebevrydendste lesse wat sy vir Maud leer, is dat daar nié altyd antwoorde is nie, dat ’n mens al hoe minder weet en dat beheer grootliks ’n illusie is.

Dit is egter nie net Marike wat as gids vir Maud optree nie, ook Maud bewys deur haar vertelling ’n groot guns aan Marike: Sy ontruk haar naam aan die ­ver­getelheid (Maud se dogter het byvoorbeeld geen benul wie ­Marike de Klerk was nie); gee haar die geleentheid om te ­improvi­seer en die chaos te ­omarm; sorg dat sy ’n nuwe woordeskat (!) en ’n paar uit­dagende hip-hop-passies aanleer en verhoed in die proses dat sy as ’n reliek uit ’n verbygegane era ’n “belaglike, futiele, ­ver­nederende dood” ­gesterf het.

Marike se laaste dans is nie ­bedoel vir lesers wat hul ­verbeeldingloos teen feite blindstaar nie. Dié lesers mag die droom óp droom óp droom in die roman te esoteries vind, en dalk ook swaar sluk aan die goue ­appeltjie wat in die slothoofstuk so ­gerieflik in Maud se hand val.

Dit sal jammer wees, want in die proses gaan sovéél hulle ­verby­gaan. Daar is inderdaad heelwat in Steinmair se ­sonder­linge ­debuut om oor ­opgewonde te raak. Die pynlike eerlikheid waarmee inter­persoonlike ­ver­hou­dings blootgelê word, word bedrewe deur ­aweregse humor gebalanseer.

Steinmair het ook ’n besondere slag met woorde – op­merkings soos “dis nie een­voudig om ’n lyf af te skud nie”, ­“depressie bloei die kleur uit dinge” en “ek het hom so ­dankbaar lief, ek het hom ­liewer as ’n stortkop, liewer as ’n ­swembadfilter, so lief soos die see” kan ’n mens nie on­­op­geteken laat ­verbygaan nie.

Anders as onlangse prosa­debute wat opslae gemaak het vanweë die verhaalgegewens daarin, beïndruk Steinmair ook (en veral) met die wyse waarop sy haar stof verwoord. Ek het ’n vermoede dat ons nog baie van dié belowende stem gaan hoor.

HUMAN & ROUSSEAU, KAAPSTAD. (SAGTEBAND, 157 BLADSYE.)

Thys Human is professor in ­Afrikaans aan die Universiteit van Johannesburg.

Buy this book

Available at:

Price:


More information

Marike se laaste dans | General Fiction


Author: Deborah Steinmair
Category: General Fiction
ISBN: 9780798151467
Date Released: 19 April 2010
Price (incl. VAT): R 230.00
Format: Soft cover, 160pp

About this author

Deborah Steinmair


Deborah Steinmair grew up in Pretoria. She was awarded a BA (in English and Drama) with Drama honors. She has worked as an assistant to a travelling puppeteer,...

Read more...