For more information on COVID-19 and how to prevent infection, visit sacoronavirus.co.za.

Book launches & events

Graffiti Aanlynkuier met Francois Smuts


Slagoffer - François Smuts in gesprek met Jonathan Amid Dawid Neethling is 'n suksesvolle psigiater op Stellenbosch met 'n deeltydse pos by die universiteit, 'n knalgeel Porsche en 'n steriele huwelik. Wanneer die beeldskone musiekstudent Eva Rodriguez sy pasiënt word, kan hy hom nie indink langs watter paadjies sy hom sal laat loop nie. Want Eva stel hom bekend aan die donker krag van die duende, wat 'n kunstenaar in staat stel om haar kuns só te beoefen dat sy haar toeskouers betower en meesleur. Die duende maak van Dawid se lewe 'n maalkolk wat hom kort voor lank in die beskuldigdebank laat staan vir moord. En dan begin onbeheersde kragte uitspeel wat uiteindelik sy eie lewe sal bedreig. Donderdag, 6 Augustus 2020 19:00 Facebook skakel: https://facebook.com/events/619309301937993 Boek: https://graffitiboeke.co.za/af/367665/Boeke