NB Publishers

Sign up for our newsletter!

News & Events

SKRYF NOU IN VIR NUWE STEMME 6


Charl-Pierre Naudé en Bibi Slippers stel Nuwe Stemme 6 saam. Dit sal die nuutste versameling in hierdie opwindende poësiereeks wees. Alle aspirantdigters word genooi om werk voor te lê vir keuring.




Charl-Pierre Naudé is ’n bekroonde digter met vier bundels agter sy naam. Sy eerste bundel, Die nomadiese oomblik, verskyn in 1995 by Tafelberg, en word in 1997 met die Ingrid Jonker-prys bekroon. Sy tweede bundel, In die geheim van die dag, ontvang in 2005 die M-Net-prys vir Afrikaanse poësie en die Proteaprys vir poësie.
Bibi Slippers is ‘n digter en joernalis wat werk in die TV-bedryf. Sy bied die boeke-program In die bed met Bibi aan op Via-TV, tree gereeld op by poësiefeeste, en debuteer vanjaar met die bundel Fotostaatmasjien.

Die reeks se geskiedenis

Nuwe stemme 1 (1997) met George Weideman en Anastasia de Vries as samestellers
Nuwe stemme 2 (2001) met Petra Müller en Nèlleke de Jager as samestellers
Nuwe stemme 3 (2005) met Antjie Krog en Alfred Schaffer as samestellers
Nuwe stemme 4 (2010) met Danie Marais en Ronel Foster as samestellers
Nuwe stemme 5 (2012) met Heilna du Plooy en Loftus Marais as samestellers

Die bundelreeks het met die verloop van slegs ’n paar jaar reeds ’n instelling geword, en een waarin verskeie gerekende digters gedebutteer het. Hulle sluit die volgende bekende name in: Ilse van Staden, Gilbert Gibson, Bernard Odendaal, Jo Prins, Melt Myburgh, Danie Marais, Ronelda S. Kamfer, Loftus Marais, Jasper van Zyl en Fourie Botha.

As jy van plan is om in te skryf, lees die reëls versigtig deur – inskrywings wat nie by die reëls hou nie, mag gediskwalifiseer word.

Reëls
1. Die sperdatum vir voorleggings is 30 November 2016.
2. Stuur ’n manuskrip met sewe ongepubliseerde gedigte wat aan die volgende voorwaardes voldoen:

• Slegs Afrikaanse gedigte sal oorweeg word.
• Die manuskrip moet in dubbelspasiëring getik word.
• Stuur jou manuskrip in elektroniese formaat, in pdf-formaat.
Stuur die volgende inligting in jou brief:
    • Jou volle naam
    • Jou posadres
    • Jou telefoonnommer
    • Die titels van jou gedigte
• Stuur jou manuskrip na nuwestemme@nb.co.za met die onderwerp “Nuwe stemme 6”.
• Maak seker dat jy ’n bevestiging van ontvangs kry.

3. Suksesvolle digters sal deur Tafelberg in kennis gestel word waarna die uitgebreide redigeringsproses in oorleg met die samestellers sal geskied. Ongelukkig sal daar nie verslae of kommentaar aan alle deelnemers gelewer kan word nie. Die finale oordeel berus by die samestellers en geen korrespondensie sal hieroor gevoer word nie.
4. Die beste digters – nie minder as 15 maar nie meer as 30 individue nie – sal uit die voorlegging van manuskripte aan Tafelberg-Uitgewers geselekteer word. Daar sal direk met hulle in verbinding getree word.
5. Tafelberg beoog om die bundel in die tweede helfte van 2017 te publiseer.
6. Navrae kan gerig word by die e-pos adres nuwestemme@nb.co.za.


Author Focus

 

Chris Karsten

Biographical info

Chris Karsten was born on 9 November 1947 in Morgenzon in Mpumalanga. He matriculated at Hoogenhout High School in Bethal and completed a BA degree in Afrikaans...

Read more...

Latest Releases

Christine le Roux Keur 1 | Romance & Sagas

Christine le Roux
Human & Rousseau

Christine le Roux Keur 1 contains three love stories. Etienne Bernard is intrigued by the carefree nymph in his garden in Bosnimf. Nicky does not get along with...

Read more...

Melk die heilige koeie | Current Affairs & Issues

Deon Maas
Tafelberg

Melk die heilige koeie is vintage Deon Maas – blatantly honest, provocative and hilarious. In this book he takes on a long list of uniquely South African holy...

Read more...
Bookmark with: