NB Publishers


Sign up for our newsletter!

About this book

Trek (ePub) | General Fiction

Winnie Rust

Human & Rousseau

A touching story about the interwoven lives of the community in Wellington. Miss Girlie, a teacher from the coloured community, remembers the forced removals of the 1950s and dreams of the tall white man who is coming to fetch her. Lambert, youngest son of a farmer falls in love with Miss Girlie when he is still a boy. But his love remains unrequited because of Apartheid legislation. Lettie is married to Lambert’s older brother, Boeta, the difficult and lustful owner of the farm Weltevrede.

Reviews

+ More Reviews

Stewige verhaal wat mens laat nadink (Die Burger, 25 Maart 2013)
Dineke Volschenk

26/03/2013

Trek vertel die verhale van ’n Wellingtonse gemeenskap, gewone mense, ’n mens kan sekerlik sê onopvallende mense. Hul lewens en lot is so verweef dis moeilik om te ontrafel, selfs al besef sommige van hulle dit eers aan die einde van hul dae. Daar is die bruin mense, die werkers, wat in die 1950’s nie behandel is soos volwaardige mense nie. Daar is die verhaal van Miss Girlie, die mooi en fyn juffrou op wie die wit seuntjie Lambert hopeloos verlief raak en sy lewe
lank bly.
 
Daar is Hanna en haar familie, plaaswerkers wat sukkel om aan die lewe te bly. Hanna bly fier en trots ten spyte van al die swaarkry, die dood van ’n kind, en dat sy dáár was met die verskriklike moord en aanval op twee wit vroue in die dorp, ’n episode wat almal se lewe in nog ’n rigting stuur wat niemand
kon voorsien nie.
 
Dis ook die verhaal van die gedwonge verskuiwings van die bruin gemeenskap uit die middedorp en die vernietigende invloed wat dit op hulle gehad het. Dit word met soveel menslikheid vertel dat daar selfs humor in is, ’n bitter lag. Soos byvoorbeeld die storie van die begrafnis van Tollie Jacobs, wat nie uit die nuwe kerk begrawe wou word nie, en toe moes die Here ingryp om haar wens te eerbiedig. Dan is daar die sagte Lambert wat omgee vir die bruin mense en vasgevang is in sy hulpeloosheid om iets daadwerkliks vir hulle te kan doen; sy skoonsuster, die lankmoedige Let, en broer, Boeta van der Merwe – ’n byna generiese naam wat aan hom die gehalte van Jan Alleman gee, verteenwoordiger van die brutaliteit en harteloosheid van apartheid.
 
Boeta leef sy lewe sonder empatie vir iemand, en hy word vernederend en eensaam oud. Die enigste liefde van sy lewe, sy dogter, verlaat die land (trek weg), en hy sien haar nie weer nie. Ironies is dat een van die min gebare van liefde teenoor hom in sy miserabele lewe is wanneer Hanna vir hom kom bid en hy só dalk berusting vind voor hy sterf. Dít ten spyte daarvan dat hy vir soveel ellende in Hanna se lewe verantwoordelik was. Tog is hy nie ’n eendimensionele karakter nie en is dit moontlik om selfs met hóm simpatie te hê. Dis ’n roman oor mense wat verskeie kere moet trek, letterlik en figuurlik.

Die realiteit van al hierdie mense se lewens is hard. Daar is rassisme, geweld, armoede, ontrouheid, alkoholisme en dwelms – dis nie ’n gemoedelike verhaal nie. Maar dit word met sulke kleurryke taal en diep insig in die aard van die mens vertel dat daar hoop is, en dit is heerlik om te lees. Trek is ’n stewige roman
wat die leser tot nadenke stem. 
 
Dineke Volschenk is ’n oudredakteur en vryskutresensent.

Buy this book

Available at:

Price:


More information

Trek (ePub) | General Fiction


Author: Winnie Rust
Category: General Fiction
ISBN: 9780798159340
Date Released: 01 March 2012
Price (incl. VAT): R 230.00
Format: ePub, 256pp

About this author

Winnie Rust


Winnie Rust has been living in Wellington for over sixty years. She is involved with the Wellington Museum and has contributed to works on the history of...

Read more...