NB Publishers


Sign up for our newsletter!

About this book

Afstande | Historical & Mythological Fiction

Dan Sleigh

Tafelberg

Winner of the 2010 Sanlam-Tafelberg novel competition.

(Click here to read a discussion about Afstande delivered by Dan Sleigh.)

Dan Sleigh’s latest work is once more an historical novel. While Eilande was published in English set at the beginning of the Western presence in the Cape, Afstande is much closer to the foundations of Western civilisation itself. It is based on the Anabasis of the Greek soldier and writer Xenophon, in which he reported on what has been described as one of the great adventures in human history. This “adventure”, which began in 401 BC, was nothing less than one of the clearest examples of human hardship and endurance. The adventurers were an army of ten thousand Greek mercenaries who were hired by a Persian prince to overthrow his brother, the king of the mighty Persian Empire.

He ingeniously introduced another main character besides Xenophon, namely the Jewish eunuch Nagri, who was hailed as a prophet in Babylon, where the Israelites were in exile at the time. In Sleigh’s version the prisoner, Nagri, is used by Xenophon to compile the Anabasis from his cryptic notes. Afstande is therefore an intertwinement of the stories of two writers, namely the soldier-writer and the writer-prophet.

Apart from being a grueling, authentic portrayal of one of the most remarkable military adventures in history, Sleigh’s novel is a representation of man’s search for identity and stability in a fast-changing, turbulent and unforgiving time. He shows how religion and ideology paradoxically guide and complicate this search. Through his two writer characters, their alliance and the friction between them, he also investigates the passion, desires, conflicts, but above all the emotion that underlies being a writer. In this way Sleigh transforms antique material into something absolutely contemporary and he achieves what all great writers achieve, and that is to confirm the permanence of that which is universally human.

Watch Dan's appearance on Kwêla.

Dan Sleigh (regs) ontvang die Eerste Prys van Frank Louw (Sanlam)

Dan Sleigh (on the right) receives his prize from Frank Louw (Sanlam).

Reviews

+ More Reviews

Rapport Boeke
Dr. Francois Verster

26/09/2010

Dan Sleigh het in 1966 met ’n digbundel, Duif oor water, gedebuteer, maar al hoe meer bekend geword as dié kenner van die vroeë Kaapse geskiedenis en veelbekroonde outeur van Eilande (2002). Toe het hy al tien fiksieboeke en sewe nie-fiksieboeke op sy kerfstok gehad.

Slaan ’n mens Sleigh se nuwe historiese roman, Afstande, oop, merk jy oombliklik: hier is ’n ander stemtoon. ’n Meer liriese inslag. Daar is ook ’n vreemde milieu – weg van die Kaapse hinterland na ’n stuk aarde tussen die Middellandse en Swart See.

Volgens Sleigh was dít juis die bedoeling. Hy wou die idioom van Homeros laat herleef, die styl van die profete laat eggo – stemme wat roep uit die woestyne en die valleie van doodskaduwee. En die leser trek saam met hom, die Joodse profeet Nagri en die Atheense skrywer-soldaat Xenophon oor daardie skynbaar oneindige afstande.

Sleigh sleur die leser mee met pragtige frases soos: "’n Bejaarde moeder leun bedroef vorentoe, haar tandelose gesig geploeg deur weemoed” en “Hy sny die skag van die grys pluim wat hy by Trapezum aan die Swart Kus uit die hemel ontvang het tot ’n punt, doop dit in dik bruin ink en skryf [...]”.

Dan weer is daar grafiese tonele van bloedvergieting, konings wat winde laat en beskrywings van die verraderlikste dade wat broers teenoor mekaar pleeg.

Die verhaal begin waar die Jood Nagri, wat homself as die boodskapper van die Verlosser beskou het nog vóór Johannes die Doper, in ’n herberg sit en skryf. Hy herskryf “Anabis”, die Atheense generaal Xenophon se beskrywing van een van die ongelooflikste reeks veldtogte in menseheugenis, maar meer as dit – hy voeg sy eie perspektiewe by. Want hy was dáár.

Hy het aangemeld vir diens, nie net as lyfbediende van die Griekse offisier nie, maar om saam met dié man, wat hy as die Verlosser van die Jode geëien het, die weg te berei na Jerusalem.

Daar lê egter verskriklike ontberings voor en uiteindelik ’n wrede ontnugtering – vir Nagri, en ook vir Xenophon. Die leser wonder telkemale: wat kan nóg verkeerd loop? Hoe ver kan enige mens se uithouvermoë getoets word – fisiek en geestelik? Wie van Xenophon of Nagri gaan eerste sy god faal?

Afstande is vernuftig gekonstrueer – dit is nie bloot chronologies uitgestippel soos ’n rits bakens oor ’n kaart nie. Eers vertel Nagri, dan weer Xenophon, en tussendeur is die leser bewus van die derde verteller: Sleigh. Die Athener, tipiese liniêre denker, was ’n kroniekskrywer. En heel gepas het hy die feite neergestip: “kort, direk en onversier”.

Nagri, weer, voeg nie net versiersels op die primêre manuskrip nie – soos sy rooi blomme by naamlyste van soldate wat sterf in konflikte. Hy bied méér as net name en uitslae van skermutselings. En dan kom Verteller Drie, Sleigh, en bied sy insigte, as gesoute historikus én romansier – hý dwing ewige lewenslesse na die oppervlak. En die onwikkelingslyn loop van kroniekskrywing, geskiedskrywing na historiese roman.

By die bekendstelling van Afstande vroeg September verklaar Petra Müller dat Sleigh “soek altyd na gedeelde en verwaarloosde menslikhede”. Inderdaad.

Al in die gepubliseerde weergawe van sy doktorsgraad, Die Buiteposte (1993 en 2004), sê Sleigh: “Kyk; soos die Wandelende Jood is menslike onnoselheid kanniedood, die albatros om julle nekke, julle Achilleshiel.”

Sleigh lewer reeds dáár sosiale kommentaar.

’n Literator het onlangs beweer historici is onbetroubaar; net fiksieskrywers praat die waarheid. Dit laat mens wonder: en die historiese roman?

By die bekendstelling noem Sleigh hy geniet dit om die dissipline van geskiedskrywing weg te skuif, vry om te interpreteer.
Tog het hy, meesterhistorikus, sy bronne geraadpleeg – van Die Bybel tot die mites en legendes wat Sokrates bestempel het as pogings om die werklikheid te rasionaliseer.

Met Afstande slaan Sleigh ’n brug tussen die Ou en Nuwe Testament om die leë bladsy tussenin te vul. Hoekom, wat het hom daartoe genoop? Via Xenophon erken Sleigh dat hy gedrewe is om te skryf (en te leer); hy wag nie op die muse nie.
Oudergewoonte het hy sy veldwerk gedoen, dié keer ver van bekende weë, op die spore wat die Onsterflike Tienduisend, van Sardis (vandag bekend as Sart) tot by Bisantion (Istanbul), meer as ’n eeu voordat ’n verenigde Griekeland bestaan het.

En dan... dié epiese boek oor ’n klassieke quest. Sleigh slaag daarin om op ”Anabis” te bou, “[...] soos ’n ranker ’n ou boom gebruik”, dit uit te spin soos ’n goue draad, en die leser se aandag daarmee vas te vang.

En hy máák ons dínk. Oor hoe lank ons gesamentlike ontwikkelingsrit(e) nog is. Dis die slag wat Sleigh slaan. Met feite genuanseer deur insig.

Dr. Francois Verster is Naspers se argivaris.

Buy this book

Available at:

Price:


More information

Afstande | Historical & Mythological Fiction


Author: Dan Sleigh
Category: Historical & Mythological Fiction
ISBN: 9780624049098
Date Released: 03 August 2010
Price (incl. VAT): R 375.00
Format: Soft cover, 648pp

About this author

Dan Sleigh


Foto: Michael Hammond Daniel (Dan) Sleigh was born on the farm Geelbeksfontein on the West Coast on November 3, 1938. He matriculated at Vredenburg High School...

Read more...